1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word wreed deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
1808 – Helsinki word tydens die Russies-Sweedse Oorlog deur Russiese troepe verower, wat daartoe lei dat Swede in 1809 gedwing word om Finland aan Rusland af te staan.
1987 – 193 mense aan boord van die BritseveerbootM/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België, verlaat.
1845 – Maori-magte onder leiding van die stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nedersetting Kororareka in Nieu-Seeland en dit ontlont die Eerste Maori-oorlog.
1930 – Mahatma Gandhi begin die Sout-Satyagraha: 'n 24 dae lange staptog oor 320 km om protes aan te teken teen die Britse belasting op sout in Brits-Indië.
1938 – Oostenryk word deur die Duitse weermag beset en word Ostmark, 'n provinsie in die Duitse Ryk.
1954 – In Viëtnam stuur Viët Minh-magte onder Vo Nguyen Giap 'n reuse artillerieaanval op die Franse leër van stapel en begin die Slag van Dien Bien Phu, die finale slag in die Eerste Indo-Chinese Oorlog.
1991 – Die "Birmingham-ses", wat valslik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland, skuldig bevind, word ná 14 jaar in die tronk vrygelaat.
1921 – Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet-Rusland bepaal het, kom formeel tot 'n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.
1922 – Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlike ongehoorsaamheid.
1647 – Die Nederlandse skip Nieuwe Haarlem, 'n Oos-Indiëvaarder in besit van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC), strand met 'n bemanning van sestig lede aan die Kaap. Die Nederlanders kom vir die eerste keer oor 'n langer tydperk in aanraking met die plaaslike Khoikhoi voordat hulle in 1648 deur 'n vloot van vyf VOC-skepe gered is.
1977 – Twee Boeing 747-vliegtuie bots by Tenerife in die Kanariese Eilande. Altesaam 583 sterf in een van die ergste lugrampe in die geskiedenis van lugvaart.