Tabris (Persies: تبريز, Tabrīz; Azerbeidjans: تبريز, Təbriz) is 'n stad in die noordweste van Iran. Die stad het 'n bevolking van 1 378 935 in 2006 gehad en is die vierde grootste stad van die land ná die hoofstad Teheran, Mashhad en Isfahan. Tabris is geleë net oos van die grens tot Irak en Turkye en suid van Armenië en Azerbeidjan. Die stad word beskou as die kulturele sentrum van Azerbeidjanners in Iran.