Makro-ekonomie is gemoeid met die studie van ekonomiese verwantskappe op die makro-, en gewoonlik die nasionale vlak. Die vakgebied word tradisioneel verdeel in twee studierigtings: sakesiklusteorie en groeiteorie. Waar die vak vroeër in verskeie denkskole verdeel was, is sodanige skoolvorming vandag minder algemeen en is makro-ekonome veel meer op empiriese ondersoek ingestel. Empiriese navorsing impliseer dat ekonome vandag veel meer wetenskaplik met ekonomiese data omgaan – iets wat nie noodwendig deur getrouheid aan 'n bepaalde denkskool gedien word nie. Trouens, die totale versameling van kennis waaroor die meeste makro-ekonome saamstem is 'n samevoeging van insigte uit verskeie denkskole. Makro - ekomomie verwys ook na die kringloopmodel wat die inter aksie tussen die huishoudelike sektor, sakesektor, openbare sektor asook die buitelandse sektor.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.