Dwingeloo 1 | ||||
'n WISE-infrarooibeeld van Dwingeloo 1. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Tipe | SB(s)cd[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 56m 51.9s[1] | |||
Deklinasie | +58° 54′ 42″[1] | |||
Skynmagnitude | 13,08 (V-band)[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10 miljoen | |||
Rooiverskuiwing | 0,000368[1] | |||
|
Dwingeloo 1 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 10 miljoen ligjare van die Melkweg af[3] in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit lê in die Sone van Ondeursigtigheid en word kwaai deur die Melkweg se sterre en stof verberg. Die grootte en massa van die stelsel is vergelykbaar met dié van die Driehoeksterrestelsel.
Dwingeloo 1 het twee kleiner satellietsterrestelsels, Dwingeloo 2, 'n onreëlmatige sterrestelsel,[4] en MB 3. Hulle behoort tot die IC 342/Maffei-groep sterrestelsels.