e.tv

e.tv is die vyfde terrestriële televisiekanaal in Suid-Afrika, na die drie kanale wat deur die staatsbeheerde Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC1, SABC2 en SABC3) en die privaatbeheerde subskripsiebefondsde M-Net, wat deur Multichoice bedryf word. Dit is die eerste privaatbeheerde dog gratis televisiestasie in die land.

e.tv
Gestig2 Oktober 1998
GesluitAktief
EienaarOnafhanklik
Beeldformaat4:3 (576i, SDTV) 16:9 (1080i, HDTV)
SlagspreukFeel Free on Eee...
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
TaalEngels
UitsaaiareaSuid-Afrika
Susterkanalee+ Toons, e+ Movies, e+ Ekasi, e+ Africa, eHD en eNCA
Webtuistewww.etv.co.za
Sentechkanaal hang af van die naaste Sentech herhaler
StarSatkanaal 160
DStvkanaal 194

Die kanaal saai vanuit Kaapstad en Johannesburg uit, terwyl die aandnuusbulletin sedert die opening van 'n nuwe uitsaaisentrum in die Johannesburgse voorstad Hyde Park vanuit die Goudstad uitgesaai word. Aanvanklike nuusstories is gekritiseer omdat dit te Kaapstad-sentries was en daar nie genoeg aandag aan ander areas gegee is nie. Die laataand-bulletin word steeds vanuit Kaapstad uitgesaai, en die kanaal bedryf steeds sy Kloofstraat-produksiesentrum in daardie stad.

Sien ook

  • eNuus, Afrikaanse nuusbulletin wat op kykNET uitgesaai word.

Eksterne skakels