Zugspitze

Die Zugspitze is die hoogste bergpiek van die Wetterstein-bergreeks in die oostelike Alpe en ook die hoogste punt van Duitsland met 2 962 meter bo seevlak. Die Zugspitz-massief is suidwes van Garmisch-Partenkirchen in die Duitse deelstaat Beiere en in die noorde van die Oostenrykse deelstaat Tirol geleë. Die grens tussen Duitsland en Oostenryk loop oor die westelike piek van die massief.

Zugspitze
Die Zugspitze-massief soos gesien vanuit die weste. Die bergpiek is aan die linkerkant Die Zugspitze-massief soos gesien vanuit die weste. Die bergpiek is aan die linkerkant
LiggingOostelike Alpe (deelstaat Beiere, Duitsland; deelstaat Tirol, Oostenryk)
Hoogte2 962 meter bo seevlak
ReeksWetterstein-reeks
Koördinate47°25′16″N 10°59′11″O / 47.42111°N 10.98639°O / 47.42111; 10.98639
BergtipeWetterstein-kalksteen
Eerste bestyging27 Augustus 1820
Eerste bestyger(s)Josef Naus
Johann Georg Tauschl
Ligging van Zugspitze op 'n kaart (Duitsland)
Zugspitze
Zugspitze
'n Uitkykplatform lok toeriste

Suid van die bergpiek strek die Zugspitzplatt, 'n plato met talle grotte. Teen die berghange van die Zugspitze word drie gletsers aangetref, waaronder die twee grootstes in Duitsland – die Noordelike Schneeferner (met 'n oppervlakte van 30,7 hektaar) en die Höllentalferner met 24,7 hektaar. Die Suidelike Schneeferner is die kleinste van die drie gletsers met 8,4 hektaar.