ZDF

Duitse televisie-uitsaaier vir openbare dienste

Die ZDF, 'n afkorting van Zweites Deutsches Fernsehen (Duits: [ˌtsvaɪ̯təs ˌdɔʏ̯tʃəs ˈfɛɐ̯nzeːən]; "Tweede Duitse Televisie"), is 'n openbare Duitse uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Mainz. Die ZDF is volgens 'n ooreenkoms van die Duitse deelstate in die lewe geroep en word deur lisensiegelde en advertensies gefinansier.

ZDF
ZDF se kenteken
ZDF se kenteken
Gestig1 April 1963
GesluitAktief
NetwerkPublieke omroep
Eienaardie deelstate van Duitsland
Beeldformaat16:9 576i (SDTV)
720p50 (HDTV
1080p50 (HDTV)
SlagspreukMit dem Zweiten sieht man besser.
"Kyk beter met die tweede een."
LandVlag van Duitsland Duitsland
TaalDuits
UitsaaiareaDuitsland; Oostenryk, Luxemburg, Switserland, Liechtenstein, Slowenië, België, Italië, Nederland, Denemarke, Kosovo
HoofkantoorMainz, Duitsland
VervangARD 2 (1961–1963)
SusterkanaleZDFneo
ZDFinfo
Webtuistewww.zdf.de
Kabel Deutschland (Duitsland)kanaal Kanaal 102 (SD) / Kanaal 113 (HD)
Cablecom (Switserland)kanaal Ja (SD en HD)
SD – Kanaal 006 (digital CH-D)
Naxoo (Switserland)kanaal Kanaal 154
Ziggo (Nederland)kanaal Kanaal 55 (HD)
YouSee (Denemarke)kanaal Kanaal 52 (HD)
Die ZDF se uitsaaisentrum in Mainz-Lerchenberg
ZDF-ateljee in Hamburg

Die ZDF het op 1 April 1963 begin om 'n tweede openbare televisiekanaal (naas dié van die ARD) vanuit sy ateljee in Eschborn, Hesse uit te saai. In 1967 het die ZDF na kleurtelevisie oorgeskakel. Die hoofkwartier en ateljees is in 1974 na Mainz-Lerchenberg in Rynland-Palts verskuif. Daarnaas bedryf die uitsaaikorporasie kleiner ateljees in Duitse deelstaathoofstede.

Eksterne skakels