Yttriumbariumkoperoksied

chemiese verbinding

Yttriumbariumkoperoksied is 'n keramiese gemengde oksied van yttrium, barium en koper met die chemiese formule YBa2Cu3O7-x.

Eienskappe

Algemeen

NaamYttriumbariumkoperoksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleYBa2Cu3O7-x
Molêre massa666,19 [g/mol][1]
CAS-nommer107539-20-8[1]  
Voorkomsdonkergrys, swart poeier[1]  
ReukReukloos
Fasegedrag  
Selkonstantesa=381,54(1) pm; 388,11(2) pm; 1167,01(4) pm (x=0) [2]  
RuimtegroepPmmm[3] 
Nommer47
Smeltpunt1030 °C@ 1bar O2[4]
Kookpunt
Digtheid6,3 [g/cm3[1]
Oplosbaarheidonoplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntnie-brandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die materiaal is 'n supergeleier met baie hoë kritieke temperatuur, Tc>80K en kritieke magneetveld van >100T. Die materiaal kan as deklaag op 'n onderlaag van meganies sterk nikkellegering aangebring word en dit kan hoë elektriese strome dra sonder elektriese weerstand. YBCO, soos dit gewoonlik afgekort word, is 'n nie-stoigiometriese gemengdevalensieverbinding. Vir x=0,5 is die oksidasietoestande Y3++2Ba2++32+ = 13+ en 6,5O2- = 13- en is dit 'n isolator. Maar vir x<0,5 gee die stoigiometrie meer negatiewe as posiewe ladings. Die gevolg is dat daar positiewe gate h+ in 'n band teregkom wat deur die Cu 3dx2-y2-orbitale gevorm word. Die lengte van die c-as van die kristalstruktuur is baie gevoelig vir die waarde wat die parameter x van 'n materiaal is en dit bepaal die geleidende en supergeleidende eienskappe van die materiaal.[5]

Kristalstruktuur

YBCO kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat afgelei is van die perovskiet-struktuur

Verwysings