Witwatersrand Rifles

Die Witwatersrand Rifles is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Johannesburg. Dit bestaan sedert 1903 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Pro patria ('Vir ons vaderland'). Hy dra die Douglas-tartan.

Witwatersrand Rifles
Gestig1 Mei 1903
LandSuid-Afrika
WeermagdeelSuid-Afrikaanse Nasionale Weermag‎
Onderdeel vanWeermag Konvensionele Reserwe
TipeInfanterie
SpesialisasieGemotoriseerde infanterie
HoofkwartierGermiston
Aantal ledeeen bataljon
MarsWithin a mile O' Edinburgh town

Geskiedenis (Chronologie)

1900's

  • Die regiment word in 1903 as 'n vrywilligereenheid gestig.

1910's

1920's

  • Rand-opstand (1922) - aktiewe diens ter onderdrukking van die mynwerkers se gewapende opstand.

1930's

  • Naam verander na 'Witwatersrand Rifles' in 1932.

1940's

  • Italiaanse veldtog (1944-45) : aktiewe diens in Italië, insluitend die slagte van Monte Cassino, Florence, die Gotiese-linie, Monte Stanco, Monte Salvaro, en die deurbraak na die Po-vallei.

1950's

  • Die vrywillige diensstelsel eindig in 1952 - vanaf 1952 tot 1967 word burgers vir diensplig geloot.

1960's

  • Vanaf 1968 tot 1993 is burgermagdiens verpligtend ('nasionale diensplig').

1970's

  • Grensoorlog - verskeie operasionele diensbeurte in noordelike Suidwes-Afrika en suidelike Angola.

1980's

  • Noodtoestand (1985-90) - verskeie kere vir binnelandse veiligheidsdienste opgeroep.

1990's

  • Sedert 1994 is militêre diens weer vrywillig.
  • Toe die burgermag na 1994 in die reserwemag omskep is word die WR 'n reserwemageenheid.

2000's

  • Die regiment vier sy eeufees in 2003.

Gevegsonderskeidings

  • South West Africa 1914-15
  • Italy 1944-45; Casino II; Allerona; Florence; Monte Querciabella; Monte Fili; The Greve; Gothic Line; Monte Stanco; Monte Salvaro; Sole/Caprara; Po Valley; Campo Santo Bridge.

Verwysings

  • Monick, S. (1989). A Bugle Calls.