Die witborskraai is 'n algemene, wydverspreide standvoël. Dit is 'n vrypostige voël wat gewoonlik in bewoonde gebiede voorkom waar hulle stukkies weggooikos soek.
Hulle word veral by vullishope, speelterreine, langs hoofpaaie en by landerye gesien. Boer meestal in los swerms en oornag dikwels in groot getalle saam.