Willem Pretorius-wildreservaat

Die Willem Pretorius Wildreservaat is geleë in die Vrystaat en is 12 005 hektaar groot. Die reservaat is 30 km noord van Winburg, 8 km oos van die N1 nasionale pad en 19 km suid van Ventersburg. Die reservaat omring die hele Allemanskraaldam en die Sandrivier vloei in 'n oos- na wesrigting deur die reservaat.

Willem Pretorius Wildreservaat
LandSuid-Afrika
ProvinsieVrystaat
Naaste dorpVentersburg
Ligging van Willem Pretorius Wildreservaat op 'n kaart (Suid-Afrika)
Willem Pretorius Wildreservaat
Willem Pretorius Wildreservaat
Koördinate: 28°18′22″S 27°14′10″O / 28.30611°S 27.23611°O / -28.30611; 27.23611
Oppervlak12 005 ha
BestuursliggaamVrystaat Provinsiale regering
Afdraai op die N1 na die Willem Pretorius Wildreservaat.

Klimaat

Die reservaat kry jaarliks gemiddeld 560 mm reën, waarvan die meeste tussen Desember en Februarie val gedurende donderstorms. Ryp kom 40 nagte per jaar voor, die gemiddelde temperatuur in die winter is 15° C en in die somer styg die kwik gereeld bokant 30° C.

Dierelewe

Agt visspesies kom in die Allemanskraaldam voor.

Bron

  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.