Werwel
In die mediese vakterminologie verwys werwel (Latyn "vertebra", Grieks "spondulos") na elk van die 33 bene waaruit die werwelkolom opgebou is. Dit bestaan uit 'n werwelliggaam aan die voorkant en die werwelboog aan die agterkant en omsluit so die werwelopening. Op die werwelboog is verskillende uitsteeksels: Die doringuitsteeksel en die dwarsuitsteeksel is vir die aanhegting van die spiere en die gewrigsuitsteeksels vorm met die werwels daarbo en daaronder 'n gewrig. Die eerste en tweede nekwerwel het 'n heeltemal afwykende vorm. Die borswerwels dra die ribbes, die heiligbeenwerwels is vergroei tot die heiligbeen en die stertwerwels is vergroei tot die stuitjie of stertbeen.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/ACDF_oblique_annotated_english.svg/220px-ACDF_oblique_annotated_english.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/53/Illu_vertebral_column.svg/220px-Illu_vertebral_column.svg.png)
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris