Wayne Ferreira

Wayne Ferreira (* 15 September 1971– ) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. Hy het in 1989 as 'n juniorspeler reeds professioneel begin speel. Ferreira was die nommer-een dubbelspeler en die 6de gekeurde junior enkelspeler in die wêreld. Oor sy loopbaan het hy altesaam 15 enkelspel- en agt dubbelspeltitels ingepalm. Ferreira het professioneel geword in 1989. Hy het in 1991 sy eerste ATP-dubbeltitel in Adelaide gewen.

Wayne Ferreira
Wayne Ferreira in 2010
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
WoonplekHilton Head Island, Suid-Carolina, Verenigde State[1]
Geboortedatum15 September 1971 (1971-09-15) (52 jaar oud) [1]
GeboorteplekJohannesburg, Gauteng[1]
Lengte1,85 m[1]
Gewig91 kg[1]
Begin professioneel1989[1]
Afgetree2005
SpelstylRegshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$9 969 617 (soos in 2005)[1] (78ste van alle tye)[2]
Enkelspel
Loopbaanrekord512–330 (60,81%)[1]
Loopbaantitels15[1]
Hoogste rangNo. 6 (8 Mei 1995)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeHE (1992, 2003)
Franse Ope4R (1996)
WimbledonKE (1994)
VSA-OpeKE (1992)
Groot toernooie
Olimpiese SpeleKE (1996)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord295–210 (58,42%)[1]
Loopbaantitels11[1]
Hoogste rangNo. 9 (19 Maart 2001)[1]
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele Silwermedalje (1992)
Laaste opgedateer op: 23 Februarie 2021.

Tydens die Olimpiese Somerspele van 1992 het hy saam met Pietie Norval 'n silwermedalje 'n Barcelona verower. Hy het aan 'n rekord 56 agtereenvolgende Grand Slam-toernooie deelgeneem. In 2000 het hy die Hopmanbeker saam met Amanda Coetzer gewen.

Hy het in 2005 uit tennis afgetree en woon tans in die VSA.[3]

Grand Slam-rekord

Die tabel toon Ferreira se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
1990Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieRondte 2Nie deelgeneem nie
1991Rondte 4Rondte 2Rondte 2Rondte 2
1992HalfeindstrydRondte 3Rondte 4Kwarteindstryd
1993Rondte 4Rondte 2Rondte 4Rondte 4
1994Rondte 4Rondte 1KwarteindstrydRondte 3
1995Rondte 2Rondte 3Rondte 4Rondte 1
1996Rondte 2Rondte 4Rondte 3Rondte 1
1997Rondte 4Rondte 3Rondte 3Rondte 4
1998Rondte 2Rondte 3Rondte 4Rondte 1
1999Rondte 4Rondte 2Rondte 1Rondte 1
2000Rondte 4Rondte 3Rondte 4Rondte 2
2001Rondte 3Rondte 1Rondte 1Rondte 1
2002KwarteindstrydRondte 1Rondte 3Rondte 4
2003HalfeindstrydRondte 3Rondte 1Rondte 2
2004Rondte 3Rondte 1Rondte 3Rondte 1

Verwysings

Eksterne skakels