Vlag van Suid-Soedan
Die vlag van Suid-Soedan vertoon ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vyfpuntige geel ster wat na die vlagpaal wys; aan die wapperkant is drie ewe wye bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 9 Julie 2005/11 |
Ontwerp | ’n Blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel ster en drie bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan op die wapperkant. |
Die vlag is aanvaar na die ondertekening van Naivasja-ooreenkoms wat die einde van die tweede Soedannese burgeroorlog bevestig het.[1] Die vlag is aanvanklik gebruik deur die Soedannese Volksbevrydingsbeweging (SPLM).
Simboliek
Saam met die vlag van Suid-Afrika is die vlag van Suid-Soedan een van net twee vlae wêreldwyd wat ses verskillende kleure in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit).[2] Die kleure stel die volgende voor: swart stel die Soedannese bevolking voor, rooi stel die gevloeide bloed in die stryd om vryheid voor, groen stel die land voor en die ster verteenwoordig die Ster van Bethlehem.[3]
Kleure
Volgens die Suid-Soedanese regering verteenwoordig die kleure van die vlag:[2][4][5]
- Swart: Die mense van Suid-Soedan.
- Rooi: Die bloed wat op pad na onafhanklikheid gevloei het.
- Groen: Die land se landbou, natuurlike rykdom, grond, sowel as vordering.[6]
- Wit: Suid-Soedan se vrede ná baie jare se bevrydingsstryd.
- Blou: Waters van die Nylrivier, ’n bron van lewe vir die land.
- Geel: Verteenwoordig eenheid (van die deelstate), hoop en vasberadenheid vir alle mense.[6]
Ontwerp
Die vlag is soortgelyk aan die vlag van Kenia[2] met die toevoeging van die blou driehoek en geel ster aan die vlagpaalkant en die weglating van die motief op die vlag van Kenia.
Ander vlae
- Presidensiële vlag van Suid-Soedan
Soortgelyke vlae
- Pan-Afrikaanse vlag
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
- (en) Suid-Soedan by Flags of the World.
- (en) "Flag of South Sudan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |