Vitamien K

Vitamien K is 'n groep vetoplosbare vitamiene met 'n soortgelyke struktuur, wat die menslike liggaam benodig vir die omskakeling van sommige proteïne wat noodsaaklik is vir bloedstolling, en in metaboliese roetes in been- en ander weefsels. Hulle is 2-metiel-1,4-naftokinoon (3-) derivate. Die groep vitamiene sluit ook twee natuurlike vitamere in: vitamien K1 en vitamien K2.[1]

Vitamin K1 (fillokinoon). Beide vorme van die vitamien bevat 'n funksionele naftokinoonring en 'n alifatiese syketting. Fillokinoon het 'n fitiel-syketting.
Vitamien K2 (menakinoon).
'n Monster van fitomenadioon (vitamien K1) vir inspuiting. Dit word ook fillokinoon genoem.


Ontdekking van vitamien K1

Vitamien K1 (phylloquinone, phytomenadione, phytonadione) is in 1929 geidentifiseer deur die Deense wetenskaplike Henrik Dam. Hy het die rol van cholesterol ondersoek in 'n proef waartydens hy hoenderkuikens 'n cholesterol-vrye dieet gevoer het.[2] Ná etlike weke het die diere erge bloeding ontwikkel. Hierdie afwyking kon nie herstel word deur slegs die toevoeging van gesuiwerde cholesterol aan hul dieet nie. Dit kom toe voor dat — saam met cholesterol — daar 'n tweede komponent uit die voedsel onttrek word, en hierdie stof word toe die koagulasie-vitamien genoem. Die nuwe vitamien ontvang toe die letter K omrede die nuus van die ontdekking van die vitamien in 'n Duitse joernaal geplaas is, waarin daarna verwys is as die Koagulationsvitamin.


Voedselbronne

Vitamien K1

VoedselPorsiegrootteVitamien K1 mikrogram (μg)
Boerkool, gekook1/2 koppie531
Spinasie, gekook1/2 koppie444
Groen koolblare, gekook1/2 koppie418
Spinasiebeet (chard), groen, gekook1/2 koppie287
Raap, gekook1/2 koppie265
Pietersielie, rou1/4 koppie246
Broccoli, gekook1 koppie220
Brusselspruit, gekook1 koppie219
Mosterd (groen blaardele), gekook1/2 koppie210
Andyvie, rou1 koppie116
Kopkool, gekook1/2 koppie82
Groen bindslaai1 koppie71
Aspersie4 lote48
Tabel uit "Important information to know when you are taking: Warfarin (Coumadin) and Vitamin K", Clinical Center, National Institutes of Health Drug Nutrient Interaction Task Force.[3]


Vitamien K2

Voedselbronne van vitamien K2 sluit in beleë kaas, eiers, vleis soos hoender, bees en dié se vet, lewers, en organe, en in gefermenteerde groente, veral "Natto" ('n Japannese gereg van gegisde sojabone), sowel as suurkool.[4]

Voedselsoort: 100 gram porsieMikrogram (μg)Gedeelte van vitamien K2Voedselsoort: 100 gram porsieMikrogram (μg)Gedeelte van vitamien K2
Natto, gekook1,103.4(90% MK-7, 10% ander MK)Hoenderboudjie8.5(100% MK-4)
Gans lewerpatee369.0(100% MK-4)Bief maalvleis (medium vet)8.1(100% MK-4)
Harde kaas (Hollandse Gouda-styl)76.3(6% MK-4, 94% ander MK)Hoenderlewer (gesmoor)6.7(100% MK-4)
Sagte kaas (Franse Brie-styl)56.5(6.5 MK-4, 93.5% ander MK)Warmbrak (Eng: Hot dog)5.7(100% MK-4)
Eiergeel, (in Nederland)32.1(98% MK-4, 2% ander MK)Spek (Eng: Bacon)5.6(100% MK-4)
Gansboudjie31.0(100% MK-4)Kalfslewer (pangebraai)6.0(100% MK-4)
Eiergeel (in V.S.A.)15.5(100% MK-4)Suurkool4.8(100% MK-4)
Botter15.0(100% MK-4)Volmelk1.0(100% MK-4)
Hoenderlewer (rou)14.1(100% MK-4)Salm (Alaska, Coho, Sockeye, Chum, en King wild (rou))0.5(100% MK-4)
Hoenderlewer (pangebraai)12.6(100% MK-4)Beeslewer (pangebraai)0.4(100% MK-4)
Cheddarkaas (in V.S.A.)10.2(6% MK-4, 94% ander MK)Eierwit0.4(100% MK-4)
Frankfurter9.8(100% MK-4)Afgeroomde melk0.0
Hoenderborsie8.9(100% MK-4)
Tabel uit Rhéaume-Bleue, pp. 66–67.

Vitamien K2 (menakinoon-4) word deur dierlike weefsel gesintetiseer en kom natuurlik voor in vleis, eiers en suiwelprodukte.[5]

Verwysings

Eksterne skakels