Verdrag van Parys

Wikimedia dubbelsinnigheidsblad

Verdrag van Parys of Vrede van Parys kan na een van die volgende verdrae of vrede wat in Parys, Frankryk, onderteken is verwys:

  • Verdrag van Parys (1763), tussen Groot-Brittanje, Frankryk en Spanje as gevolg van die Sewejarige Oorlog;
  • Vrede van Parys (1783), tussen die Verenigde State en Groot-Brittanje as gevolg van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog;
  • Verdrag van Parys (1815), tussen Frankryk en die Koalisiemagte Groot-Brittanje, Oostenryk, Pruise en Rusland as gevolg van die Napoleontiese Oorloë;
  • Verdrag van Parys (1856), tussen die Ottomaanse Ryk, Frankryk, Groot-Brittanje en Sardinië aan die een kant en Rusland aan die ander kant as gevolg van die Krimoorlog;
  • Verdrag van Parys (1951), Verdrag tot stigting van die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal tussen België, Italië, Luxemburg, Frankryk, Nederland en Wes-Duitsland.