Vanadium(III)oksied

chemiese verbinding

Vanadium(III)oksied is 'n verbinding van vanadium en suurstof. Die chemiese formule is V2O3 en die metaal se oksidasietoestand is 3+.

Eienskappe

Algemeen

NaamVanadium(III)oksied 
IUSTC-naamVanadium(III)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleV2O3
Molêre massa149,88 [g/mol][1]
CAS-nommer1314-34-7[1]  
VoorkomsSwart vastestof
Fasegedrag  
Selkonstantesa=494,92(2) pm, c=1398,8(1) pm[2]  
RuimtegroepR3c  
StrukturberichtD5₁
Smeltpunt1940 °C[1]
Kookpuntonbekend
Digtheid4,870 g/cm3[1]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 
LD505639 mg/kg (rot)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Sintese

Vanadium(III)oksied kan op verskeie maniere vervaardig word:[2]

  1. Reduksie van vanadiumpentoksied V2O5
  2. Oksidasie van die metaal vanadium
  3. Hidrotermale metodes wat begin met vanadiumalkoksiede of -sulfiede

Struktuur

Hierdie oksied besit die korund-struktuur wat kanale (tonnels) bevat waarlangs alkalimetaalione, soos litium kan interkaleer. Dit hou 'n gedeeltelike reduksie van die vanadiumione tot V2+ in. By kalsinering by 600°C ontstaan V-holtedefekte wat die omgekeerde effek verteenwoordig. Meer suurstof word aan die rooster toegevoeg en 'n gedeeltelike oksidasie van vanadium tot V4+ vind plaas.

Berekenings met die digtheidsfunksionaalteorie wys dat die stof tot een mol kalium sou kon opneem en KV2O3 vorm.[2]

Eienskappe

Die elektriese geleidingsvermoë is taamlik hoog ∼103 Ω–1cm–1, wat 'n tiende van die metaal rutenium s'n is: ∼104 Ω–1cm–1, en baie hoër as vanadium(IV)oksied s'n, ∼4 Ω–1cm–1. Die stof is stabiel in sure en basiese omstandighede.

Aanwendings

Hierdie eienskappe maak die verbinding baie interessant vir aanwending in batterye en superkapasitors. Baie navorsing word gedoen, veral na die vervaardiging van materiale met nanomorfologie. Dis moontlik om V2O3-nanokristalle te vorm deur pentoksiedpoeier in 'n waterstofplasma in te voer. Die resultaat was kristalletjies van slegs 35-50 nm. Nanostafies is ook gemaak deur 'n hidrotermale reaksie gevolg deur 'n behandeling in stikstofgas met 5% waterstof by 600 °C.[2]

Verwysings