Valentinianus I

Valentinianus I, die Grote (Flavius Valentinianus) (3 Julie 321 – 17 November 375) was keiser van die Wes-Romeinse Ryk van 364 tot 375.

Valentinianus I
65ste Keiser van die Romeinse Ryk
Solidus van Valentinianus I
Solidus van Valentinianus I
Regeer26 Februarie – 28 Maart 364 (hele ryk);
26 Maart 364 – 17 November 375 (keiser van die weste)
Volle naamFlavius Valentinianus (vanaf geboorte tot toetreding);
Flavius Valentinianus Augustus (as keiser)
Gebore3 Julie 321; Cibalae, Pannonia Secunda (nou Vinkovci, Kroasië)
Oorlede17 November 375 (op 54); Brigetio, Pannonia Valeria (nou Szőny, Hongarye)
VoorgangerJovianus
OpvolgersValens, Gratianus en Valentinianus II
Adellike huisValentiniaanse dinastie
VaderGratianus die Ouere
EggenoteMarina Severa
Justina
KindersGratianus
Valentinianus II
Galla
Grata
Justa
GodsdiensChristendom
Valens en Valentinianus

In Valentinianus se tyd is die projek om die 6 400 km lang grense te versterk wat onder Diocletianus begin het amper voltooi.[1]

In die oostelike deel regeer Valens wat deur sy oudere broer Valentinianus aangestel is. Hy word self ná die dood van Jovianus deur die leër as keiser benoem. Die twee dele van die ryk begin onder hom en sy broer uit mekaar te groei. In die ooste is die Arianisme baie populêr en Valens bekeer hom tot hierdie vorm van Christendom. Valentinianus bly trou aan die eerste konsilie van Nicea, soos die meeste christene in die weste. Valentinianus kry veral te doen met invalle in Britannia en vanuit Germania aan die Ryn, wat in die boek de rebus bellicis beskryf word.[2]

Aan die noordelike grense probeer hy om Germaanse hoofde te gebruik om die situasie daar te verbeter. In 372 benoem hy byvoorbeeld Fraomarius as koning van die Bucinobantes. Later maak hy hom tibuun van 'n eenheid Alamanni en verplaas hom na Britannia om daar 'n krisis op te los.[3]

Hy word opgevolg deur Gratianus.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels