Valanginium

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
PaleogeenPaleoseenDaniumjonger
KrytLaatMaastricht66,0–72,1
Campanium72,1–83,6
Santonium83,6–86,3
Coniakium86,3–89,8
Turonium89,8–93,9
Senomanium93,9–100,5
VroegAlbium100,5–~113,0
Aptium~113,0–~125,0
Barremium~125,0–~129,4
Hauterivium~129,4–~132,9
Valanginium~132,9–~139,8
Berriasium~139,8–~145,0
JuraLaatTitoniumouer
Die verdeling van die Kryt (IKS).

Die Valanginium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 139,8 tot 132,9 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die eerste Kryt-etage, die Berriasium, en gevolg deur die Hauterivium.

Naam en definisie

Die Valanginium is in 1853 deur Édouard Desor genoem na Valangin in Switserland.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Calpionellidae Calpionellites darderi en die ammoniet Thurmanniceras pertransiens, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Acanthodiscus (veral A. radiatus).

Verwysings

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.