Uraan in Suid-Afrika

Die ontginning van uraan in Suid-Afrika geskied hoofsaaklik as ʼn newe-proses van goud- en kopermynbou.[1] As sodanig is die land nie ʼn groot produsent van die mineraal nie. In 2019 het Suid-Afrika 346 ton uraan geproduseer.[1]

Daar is tans twee produsente van uraan in Suid-Afrika. Sibanye-Stillwater herverwerk uitskot mynerts by sy Cooke-goudmyn, 35 kilometer wes van Johannesburg.[2] Dieselfde word buite Stilfontein by die Buffelsfontein-goudmyn gedoen.

Geskiedenis

In 1951 is daar besluit om uraan van uitskot mynerts op Suid-Afrika se talle goudmyne te ontgin.[1] Gevolglik is die Kernbrandstofkorporasie van Suid-Afrika (Nufcor) gestig.[1] Nufcor het in 1998 deel van Anglo Gold geword.[1] Uraanproduksie het ʼn hoogtepunt van rondom 600 ton in 1960 bereik, maar produksie het geleidelik weer begin daal.[1]

Gebruike van uraan

Uraan word verryk ten einde:[3]

  • kommersiële kernkragsentrales aan te dryf; en
  • isotope te vervaardig wat gebruik word vir mediese, industriële en wapendoeleindes

Ontginning

Uraanerts kan in oopgroef- of ondergrondse myne ontgin word waarna dit op die perseel fyn gemaal word om die uraan van die erts te skei.[3] Verder kan uraanerts in direk in die ertsneerslag opgelos word waarna dit na die oppervlak gepomp word in ʼn proses wat in situ-loging genoem word.[3] Uraan word as uraanoksiedkonsentraat (U3O8) in die mark verkoop.

In Suid-Afrika word die uraanerts met aangepaste vragmotors van Nufcor per pad vervoer na laasgenoemde se aanleg naby Westonaria.[1]

Verwysings