U1.27

U1.27 (ook bekend as die Groot GKG) is 'n groot kwasargroep wat uit 73 kwasars bestaan. Dit is 4 miljard ligjare breed. Dit is die grootste en swaarste bekende struktuur in die sigbare heelal.[1][2][3] Dit is in November 2012 ontdek deur ’n span onder leiding van dr. Roger G. Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire. Die sterrekundiges het data van die Digitale Sloan-lugopname gebruik.

Die grootte van U1.27 word geraam op sowat 4 miljard x 2 miljard x 1,2 miljard ligjare (1 240 miljoen x 640 miljoen x 370 miljoen parsek).[4] Dit het ’n massa van 6,1×1018 M (sonmassas). Dit lê in die sterrebeeld Leeu. Die naam kom van sy gemiddelde rooiverskuiwing van 1,27.[5]

U1.27 is sowat 2 miljard ligjare van die Clowes-Campusano LQG (U1.28), ’n groep van 34 kwasars wat in 1991 ontdek is.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • Clowes, Roger G.; Harris, Kathryn A.; Raghunathan, Srinivasan; Campusano, Luis E.; Soechting, Ilona K.; Graham, Matthew J.; "A structure in the early universe at z ~ 1.3 that exceeds the homogeneity scale of the R-W concordance cosmology";

Bibcode2012arXiv1211.6256C ; doi:10.1093/mnras/sts497; Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, 11 Januarie 2013

Eksterne skakels