Die see het ’n oppervlakte van sowat 595 000 km² en is net sowat vier maande van die jaar bevaarbaar. Dit is op sy diepste 700 m, maar dieptes van minder as 50 m maak 56% van die oppervlakte uit.
Die Tsjoekotka-see het baie min eilande in vergelyking met ander seë van die Noordpoolstreek. Wrangeleiland is by die noordwestelike grens van die see geleë, Heraldeiland naby sy noordelike grens en ’n paar klein eilande lê aan die Siberiese en Alaska-kus.
Die see is genoem na die Tsjoektsjiese volk, wat aan die kus van die Tsjoekotka-skiereiland woon. Visvang en die jag van walrusse is hul tradisionele bedrywighede.