Toyota Etios

Die Toyota Etios is 'n lyn van vierdeursedan en luikrugmotors vervaardig deur die Japannese motorvervaardiger Toyota vir die Indiese motormark sedert 2010 en ook vir Suid-Afrika[3] en Brasilië[4] sedert 2012, en Indonesië sedert 2013 (1.2 liter petrolluikrug). Die Etios naamplaat kom van die Griekse "Etos", wat beteken gees, karakter, en idees.[5] Die sedanweergawe is in Desember 2010 vrygestel en die Liva luikrug is in Junie 2011 van stapel gestuur. [6]

Toyota Etios
Oorsig
Vervaardiger Vlag van Japan Toyota
Produksie 2010–huidig
Montering Bidadi, Karnataka, Vlag van Indië Indië[1]
Sorocaba, São Paulo, Vlag van Brasilië Brasilië[2]
Bakwerk en onderstel
Klas Subkompakte motor
Supermini
Bakstyl 5-deur sedan
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf
Spesifikasies
Enjin(s) 1.5 L Toyota 2NR-FE inlynviersilinder (petrol)
1.4 L Toyota 1ND-TV I4 (diesel)
Ratkas 5-gang handrat
Lengte 4265 mm
Breedte 1695 mm
Hoogte 1510 mm
Asafstand 2550 mm
Plek in geskiedenis
Variante Toyota Echo
Die agterkant van die sedan

Teen Mei 2012 het die Etiosreeks verkope van 100 000 eenhede in Indië behaal.[7]

Toyota het die Etios MR2 in 2010 vrygestel onder die modelkode "AK10". Indien toegerus met die 1,2 liter-3NR-FE-enjin, staan dit bekend as die "NGK12". Net so, word die 1,5-liter 2NR-weergawe geïdentifiseer met die "NGK15" kode. Die 1,4 liter-1ND dieselweergawe word na verwys as die "NUK15". Die Etios is gebaseer op die EFC-platform.[8]

Verwysings