Tonium

EonEraPeriodeOuderdom  mj.
FanerosoïkumPaleosoïkumKambriumlater
ProterosoïkumNeo-Ediacarium635 - 541
Kriogenium720 - 635
Tonium1000 - 720
Meso-Stenium1200 - 1000
Ektasium1400 - 1200
Kalimnium1600 - 1400
Paleo-Staterium1800 - 1600
Orosirium2050 - 1800
Riasium2300 - 2050
Siderium2500 - 2300
ArgeïkumNeoargeïkumvroeër
Indeling van die Proterosoïkum volgens die ICS.[1]

Die Tonium is 'n periode van die Neoproterosoïkum wat van ongeveer 1000 - 720 miljoen jaar gelede geduur het.

Tydens hierde periode het die kontinente 'n superkontinent, Rodinia, gevorm, wat begin het om uitmekaar te val.

Meerselligheid

Daar is aanwysings dat aan die begin van die Tonium tot ongeveer 900 mj gelede die suurstofgehalte van die atmosfeer steeds baie laag was, amper 0,1%. Later het dit toegeneem (in fase 4 van die Groot Suurstofkatastrofe) en dit het dalk die ontstaan van groter meersellige organismes moontlik gemaak.[2] Meersellige organismes met sagte weefsels is bekend uit die Ediacarium, maar hulle het waarskynlik reeds vroeër ontstaan. Uit die Kriogenium is min bekend behalwe dat die Aarde aan ekstreme glasiasie blootgestel was. Daar is aanduidings dat meerselligheid van eukariote reeds in die Tonium teenwoordig was. Qing Tang et a. berig in 2016 dat hulle dit m.b.v. elektronmikroskopie op fossiele, Chuaria genoem, aangetoon het.[3] In die Atar/Mreïti-groep van die Taoudeni Bekken in Mauretanië is 48 verskillende mikrofossiele gevind wat uiters goed gefossiliseer is. Hulle ouderdom is ongeveer 1,1 miljard jaar. (Die oorgang van die Mesoproterosoïkum na die Tonium). Beghin et al. berig in 2107 dat 11 daarvan seker Eukariote is, 9 waarskynlik Eurkarioot 6 dalk Prokarioot en 22 wat nie duidelik is nie.[4]

Verwysings

Eksterne skakels