Toetredeversperring

’n Toetredeversperring is in teorieë van mededinging en ekonomie ’n koste wat deur ’n nuwe toetreder tot ’n mark aangegaan moet word wat nie vir huidige mededingers nodig was om aan te gaan nie.[1][2] Dit kan ook dui op faktore wat dit moeilik maak om toegang tot ’n mark te kry. ’n Voorbeeld van toetredeversperrings is eksklusiewe ooreenkomste van bestaande spelers in die mark met verspreiders of kleinhandelaars. Nog ’n voorbeeld is patente, wat ’n bestaande maatskappy die wetlike reg gee om te verhoed dat ander firmas vir ’n sekere tydperk ’n soortgelyke produk vervaardig.

Omdat toetredeversperrings huidige maatskappye beskerm en medededinging in ’n mark beperk, kan dit lei tot buitensporige pryse. Dit veroorsaak of vergemaklik dikwels die ontstaan van monopolieë of gee sekere maatskappye mag in ’n mark.

Verwysings