The Power of the Dog

2021 internasionaal vervaardigde rolprent geskryf en geregisseer deur Jane Campion

The Power of the Dog is 'n 2021 internasionaal vervaardigde rolprent geskryf en geregisseer deur Jane Campion en met Benedict Cumberbatch, Kirsten Dunst, Jesse Plemons, Thomasin McKenzie, Kodi Smit-McPhee en Frances Conroy. Die rolprent is gegrond op die gelyknamige roman deur die Amerikaanse skrywer Thomas Savage. Die film het op 2 September 2021 by die Venesiese rolprentfees begin en word later in 2021 op Netflix gestroom.

'The Power of the Dog'
RegisseurJane Campion
DraaiboekJane Campion (gebaseer op The Power of the Dog deur Thomas Savage)
Musiek deurJonny Greenwood
KinematografieAri Wegner
RedigeerderPeter Sciberras
AteljeeNew Zealand Film Commission
Cross City Films
BBC Film
See-Saw Films
Bad Girl Geek
Max Films
Brightstar
VerspreiderTransmission Films (Australië and Nieu-Seeland)
Netflix (Wêreldwyd)
Speeltyd126 minute
LandNieu-Seeland
Australië
Verenigde Koningkryk
Verenigde State
Kanada
TaalEngels
Begroting$30–39 miljoen[1]
IMDb-profiel

Storie

Die rolprent speel af in die 1920's en fokus op Phil en George Burbank, twee ryk Montana-broers. Phil is briljant en wreed, terwyl George saggeaard is. Saam besit hulle die grootste plaas in die vallei. Wanneer George in die geheim met die plaaslike weduwee Rose trou, begin 'n woedende Phil 'n wrede oorlog om haar te vernietig.[2] Rose se seun Peter besluit om Phil met miltsiekte van 'n kadawer te besmet, waarna Phil sterf.

Rolverdeling

  • Benedict Cumberbatch as Phil Burbank
  • Kirsten Dunst as Rose
  • Jesse Plemons as George Burbank
  • Thomasin McKenzie as Lola
  • Keith Carradine as Governor Edward
  • Frances Conroy as ou vrou
  • Kodi Smit-McPhee as Peter
  • Adam Beach asEdward Nappo

Vervaardiging

In Mei 2019 is aangekondig dat Jane Campion 'n nuwe film sou regisseer en dat dit 'n verwerking van Thomas Savage se roman The Power of the Dog sou wees. Campion het gesê nadat sy die roman gelees het, het sy aan die storie bly dink, en dat die temas van manlikheid, nostalgie en verraad, ’n bedwelmende mengsel is. Sy was dus vasbeslote om die roman op die grootskerm te laat lewe.[3]

Opnames het op 10 Januarie 2020 in Otago begin.[4] Die produksie van die film is gestaak weens die Covid-19-pandemie. Nadat toestemming bekom is is produksie op 22 Junie hervat.[5]

Vrystelling

In Junie 2021 is aangekondig dat die rolprent by die Venesiese rolprentfees sou première, waar die film aan die internasionale kompetisie vir die Goue Leeu sou meeding.

Variety het berig dat die rolprent voorheen genooi is na 'n wêreldpremière by die Cannes-rolprentfees, om buite die kompetisie vertoon te word. Die Cannes-regulasies bepaal dat rolprente nie aan die internasionale kompetisie kan deelneem as die rolprent nie in rolprentteaters verskyn nie, wat Netflix-films nie in aanmerking kom nie. Vir Netflix was dit nie 'n opsie om buite die kompetisie vertoon te word nie, daarom het hulle Venesië gekies.[2]

Interpretasie van die titel

Die betekenis van die titel The Power of the Dog word duidelik in die laaste oomblikke van die film, waartydens Peter 'n Bybelvers lees. Tog bly die presiese betekenis van die titel oop vir verskeie interpretasies.

Na Phil se dood kan Peter gesien word waar hy op sy bed sit en die Bybel lees. In die teks wat hy lees is die titel van die film, gevind in die boek Psalms, hoofstuk 22: "Deliver my soul from the sword; my darling from the power of the dog". ("Verlos my siel van die swaard; my liefling van die mag van die hond.")

Die eerste en mees ooglopende interpretasie is dat Phil die "hond" is en die res van die karakters is deur sy dood uit sy mag gered. Phil se krag is nie eksplisiet nie, maar eerder geïmpliseer: George loop op eierdoppe, nie in staat om sy ware gevoelens of gedagtes te openbaar nie uit vrees om gespot te word; Rose verval in alkoholisme deur teistering, en die saggeaarde Peter word 'n moordenaar. Mag is dus hoofsaaklik sielkundig en nie fisies nie.

Die "liefling" uit die psalm wat gered moet word, verwys blykbaar na Rose. Hierdie idee word bevestig deurdat Peter in die film sê hy wil sy ma red en word verder versterk in die slottoneel waar Peter vanuit sy kamer op Rose en George afkyk nadat hy die psalm gelees het en sien hoe sy ma en George mekaar liefdevol omhels.

Die liefling kan ook na Petrus self verwys, aangesien Peter ná Phil se dood van sy mag bevry word.

Nog 'n interpretasie is dat die liefling na Phil self verwys. ’n Vroeëre toneel wys hoe Peter die nek van ’n beseerde konyn wat hy saam met Phil gevind het, genadeloos breek. Dit lyk asof hierdie toneel Phil se moord voorafskadu, met Peter wat Phil uit genade vermoor het om hom van 'n lewe van verlange en pyn te red. In hierdie interpretasie is Phil se begeerte en pyn die “hond”.

Hierdie laasgenoemde interpretasie blyk bevestig te word in 'n onderhoud wat deur regisseur Jane Campion gegee is: "[...] in 'n sekere sin is seksualiteit soos menslike lyding. Soos die titel lui, is dit 'n soort waarskuwing. Die krag van die hond is al daardie diep onbeheerbare drange wat kom om ons te vernietig".[6][7][8]

Ontvangs

Resensies

Op Rotten Tomatoes gee 96% van 231 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 8,6/10. Die film is gemerk as "gesertifiseerd vars". Die konsensus lui: "Die lewe gebring deur 'n ster-ensemble gelei deur Benedict Cumberbatch, The Power of the Dog bevestig die skryfster-regisseuse Jane Campion as een van haar generasie se beste filmmakers").[9] Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 89/100, gebaseer op 56 resensies, wat staan vir "universele lof". Die film is gemerk "Moet sien".[10]

Verwysings

Eksterne skakels