The Dop Doctor

The Dop Doctor, ook bekend as The Love Trail of The Terrier and the Child,[1][2] is 'n Suid-Afrikaanse dramarolprent van 1915/16 geregisseer deur Fred Paul.[1] Dit is gebaseer op die boek, The Dop Doctor, deur Clotilde Graves. Die rolprent beeld die beleg van Mafeking uit tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die verhaal van 'n weesmeisie wat lief is vir 'n soldaat, maar met 'n verbanne dokter getroud is.[2]

'The Dop Doctor'
RegisseurFred Paul en L.C McBean
ProduksieleierSamuelson Film Manufacturing Company
DraaiboekHarry Engholm van die boek deur Richard Dehan (Clotide Graves)
LandSuid-Afrika en Verenigde State
TaalStilprent Engels

Die rolprent is bekend omdat dit die eerste Suid-Afrikaanse rolprent was wat verbied of gesensor word. Die regering van premier Louis Botha het die rolprent verbied onder die Wet op die Verdediging van die Ryk[3], aangesien “die film die Boere verkeerdelik as verneukers en immoreel voorstel”.[4]

Rolverdeling

Verwysings

Eksterne skakels

http://www.gutenberg.org/ebooks/27966 Die boek waarop die rolprent gebaseer is.