Tertius Delport

Suid-Afrikaanse politikus

Jacobus Tertius Delport (16 Oktober 1939 - 21 November 2023) was 'n voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid wat saam met Joe Slovo 'n belangrike rol gespeel het in die opstel van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet.[1][2][3] Hy was aanvanklik 'n lid van die Nasionale Party, maar het later oorgeloop na die Demokratiese Party (nou die Demokratiese Alliansie).

Tertius Delport

Minister van Plaaslike Regering
Ampstermyn
1993 – 1994
PresidentF.W. de Klerk
Voorafgegaan deurLeon Wessels

Persoonlike besonderhede
GeboreJacobus Tertius Delport
16 Oktober 1939 (1939-10-16) (84 jaar oud)
Humansdorp, Kaapprovinsie[1][2]
Sterf21 November 2023
Gqeberha, Oos-Kaap[3]
Politieke partyNasionale Party

Beroepsopleiding

Hy behaal sy BA LLB aan die Universiteit Stellenbosch en ontvang 'n LLD aan die Universiteit van Port Elizabeth, waar hy ook as dekaan van die Regsfakulteit (1976–87) gedien het.[1]

Politieke loopbaan

Hy betree die politiek in 1987 as parlementslid en dien as minister van plaaslike regering in president F.W. de Klerk se regering.

Op 9 Februarie 2009 het Delport sy afskeidstoespraak in die parlement gelewer en kritiek gelewer op president Kgalema Motlanthe se onlangse staatsrede deur Suid-Afrika se "afwaartse spiraal" te betreur.

Verwysings