T20I-wêreldbeker 2022
Die T20I-wêreldbeker 2022 (Engels: 2022 ICC Men's T20 World Cup) is van 16 Oktober tot 13 November 2022 in Australië beslis.[3] Dit was die agtste T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in Australië.[4] Oorspronklik sou dié toernooi in 2020 plaasvind, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit deur die Internasionale Krieketraad uitgestel.[5] In Augustus 2020 het die IKR aangekondig dat Australië die 2022-toernooi sou aanbied,[6] terwyl die 2021-toernooi soos oorspronklik beplan in Indië sou plaasvind,[7] maar dit is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig.[8] Die gasheer Australië was ook die verdedigende wêreldkampioen.[9] Sedert die 2010-toernooi in Wes-Indië was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat nie in ’n Asiatiese land gehou is nie.
![]() Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2022 | |
Datums | 16 Oktober – 13 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Twaalf en uitklopfase |
Gashere | ![]() |
Kampioen | ![]() |
Naaswenner | ![]() |
Deelnemers | 16 (76 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 45 |
Bywoning | 1 000 336 (22 230 per wedstryd) |
Speler van die reeks | ![]() |
Meeste lopies | ![]() |
Meeste paaltjies | ![]() |
← 2021 2024 → |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/49/ICC_Men%27s_WorldTwenty20_trophy.jpg/170px-ICC_Men%27s_WorldTwenty20_trophy.jpg)
Die toernooi se formaat van 2021 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2022 deelgeneem: Die twaalf beste spanne van die vorige toernooi (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe). Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 15 November 2021 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die boonste twee spanne tot die halfeindrondte gevorder het en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.
Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Engeland het Indië geklop, waardeur Engeland en Pakistan in die eindstryd ontmoet het. Engeland het Pakistan in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met vyf paaltjies verslaan en sodoende ná 2010 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Die gasheer en verdedigende wêreldkampioen Australië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel, terwyl die tweemalige wenner Wes-Indië nie die Super Twaalf kon haal nie.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Australië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2022 aangewys.
Deelnemers
Kwalifisering
Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië (gasheer), Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as Super Twaalf-spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2021 regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer.[10] Ierland en die Verenigde Arabiese Emirate het as die beste spanne van die T20I-wêreldbekerkwalifisering A in 2022 vir dié toernooi gekwalifiseer,[11] met onderskeidelik Ierland in Groep B en die Verenigde Arabiese Emirate in Groep A.[12] Nederland en Zimbabwe het as die beste spanne van die T20I-wêreldbekerkwalifisering B in 2022 vir dié toernooi gekwalifiseer,[13] met onderskeidelik Zimbabwe in Groep B en Nederland in Groep A.[14] Die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe, wat onderskeidelik Oman en Papoea-Nieu-Guinee vervang het, is die enigste veranderings in die 16-span-lys van die T20I-wêreldbeker 2021. Soos tydens die T20I-wêreldbeker 2012 is daar geen nuwe toetreders nie.
Kwalifiserende spanne
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ad/2022_ICC_Mens_T20_World_Cup_Participating_nations.svg/400px-2022_ICC_Mens_T20_World_Cup_Participating_nations.svg.png)
Gasheer
Agt beste spanne van die 2022-toernooi
Gekwalifiseer deur die IKR se T20I-ranglys
Wenner van die kwalifisering
Deelgeneem aan die wêreldwye kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer
Deelgeneem aan die plaaslike kwalifisering, maar versuim om te kwalifiseer
Nie deelgeneem nie
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
![]() | Gasheer | Agtste | 2021 | Kampioen (2021) |
![]() | Regstreeks | Sesde | 2021 | Tweede rondte (2016, 2021) |
![]() | Agtste | 2021 | Tweede rondte (2007, 2014, 2016, 2021) | |
![]() | Agtste | 2021 | Kampioen (2010) | |
![]() | Agtste | 2021 | Kampioen (2007) | |
![]() | Tweede | 2021 | Super Twaalf (2021) | |
![]() | Agtste | 2021 | Naaswenner (2021) | |
![]() | Agtste | 2021 | Kampioen (2009) | |
![]() | Vyfde | 2021 | Super Twaalf (2021) | |
![]() | Agtste | 2021 | Kampioen (2014) | |
![]() | Agtste | 2021 | Halfeindrondte (2009, 2014) | |
![]() | Agtste | 2021 | Kampioen (2012, 2016) | |
![]() | T20I-wêreldbekerkwalifisering A in 2022 | Sewende | 2021 | Super Agt (2009) |
![]() | Tweede | 2014 | Eerste rondte (2014) | |
![]() | T20I-wêreldbekerkwalifisering B in 2022 | Vyfde | 2021 | Super Tien (2014) |
![]() | Sesde | 2014 | Eerste rondte (2007, 2010, 2012, 2014, 2016) |
Stadions
Tydens die toernooi is sewe Australiese stadions gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2022 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Die stadions is op 16 November 2021 aangekondig.[15]
Adelaide | Brisbane | Geelong |
---|---|---|
Adelaide-ovaal | The Gabba | Kardiniapark |
34°54′56″S 138°35′46″O / 34.91556°S 138.59611°O | 27°29′09″S 153°02′17″O / 27.48583°S 153.03806°O | 38°09′29″S 144°21′17″O / 38.15806°S 144.35472°O |
Kapasiteit: 55 317 | Kapasiteit: 42 000 | Kapasiteit: 26 000 |
![]() | ![]() | ![]() |
Hobart | Perth | |
Bellerive-ovaal | Perthstadion | |
42°52′38″S 147°22′25″O / 42.87722°S 147.37361°O | 31°57′04″S 115°53′20.5″O / 31.95111°S 115.889028°O | |
Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 61 266 | |
![]() | ||
Melbourne | Sydney | |
Melbourne-krieketveld | Sydney-krieketveld | |
37°49′12″S 144°59′0″O / 37.82000°S 144.98333°O | 33°53′30″S 151°13′29″O / 33.89167°S 151.22472°O | |
Kapasiteit: 100 024 | Kapasiteit: 48 601 | |
![]() | ![]() |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2022 is oor 29 dae tussen 16 verskillende nasies oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 16 Oktober 2022 op Kardiniapark in Geelong met die openigswedstryd tussen Namibië en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne op 13 November met die eindstryd tussen Engeland en Pakistan, waartydens Engeland die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbeker 2021 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd. Die T20I-wêreldbeker 2022 is presies een jaar ná die 2021-toernooi gehou.
|
|
Eerste rondte en Super Twaalf
Die T20I-wêreldbeker 2022 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 15 November 2021 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2022-effek op 2024-kwalifisering
Die agt beste spanne van die 2022-toernooi (saam met die 2024-gashere Wes-Indië en die Verenigde State) het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer. Hulle is Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika.[16]
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[17]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Twaalf. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Twaalf en die uitklopfase. Die groepe is op 21 Maart 2022 bekend gemaak.
Eerste rondte
Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die Super Twaalf deurgedring.
Groep A
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Kardinia_Park_-_2022_T20_World_Cup.jpg/220px-Kardinia_Park_-_2022_T20_World_Cup.jpg)
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.667 |
![]() | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.162 |
![]() | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | +0.730 |
![]() | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −1.235 |
t | ||
Jan Frylinck 44 (28) Pramod Madushan 2/37 (4 boulbeurte) | Dasun Shanaka 29 (23) David Wiese 2/16 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Namibië se eerste oorwinning teen Sri Lanka.[19]
t | ||
Muhammad Waseem 41 (47) Bas de Leede 3/19 (3 boulbeurte) | Max O’Dowd 23 (18) Junaid Siddique 3/24 (4 boulbeurte) |
t | ||
Jan Frylinck 43 (48) Bas de Leede 2/18 (3 boulbeurte) | Vikramjit Singh 39 (31) JJ Smit 2/24 (4 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Pathum Nissanka 74 (60) Karthik Meiyappan 3/19 (4 boulbeurte) | Aayan Afzal Khan 19 (21) Wanindu Hasaranga 3/8 (4 boulbeurte) |
t | ||
Kusal Mendis 79 (44) Paul van Meekeren 2/25 (4 boulbeurte) | Max O’Dowd 71* (53) Wanindu Hasaranga 3/28 (4 boulbeurte) |
t | ||
Muhammad Waseem 50 (41) Ben Shikongo 1/8 (1 boulbeurt) | David Wiese 55 (36) Basil Hameed 2/17 (3 boulbeurte) |
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Fahad Nawaz (UAE) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is die Verenigde Arabiese Emirate se eerste T20I-wêreldbekeroorwinning.[31]
- Nederland vorder hiermee tot die Super Twaalf.[32]
- Namibië is hiermee uit die toernooi geskakel.[33]
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.200 |
![]() | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.105 |
![]() | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | +0.304 |
![]() | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.563 |
t | ||
George Munsey 66* (53) Jason Holder 2/14 (3 boulbeurte) | Jason Holder 38 (33) Mark Watt 3/12 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Skotland se eerste oorwinning teen Wes-Indië.[35]
t | ||
Sikandar Raza 82 (48) Josh Little 3/24 (4 boulbeurte) | Curtis Campher 27 (22) Blessing Muzarabani 3/23 (4 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is oorspronklik geskeduleer vir 19:00, maar dit het later begin weens reën in die vorige wedstryd op dieselfde grond.
- Sikandar Raza se 82 lopies is die meeste vir Zimbabwe tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[37]
t | ||
Michael Jones 86 (55) Curtis Campher 2/9 (2 boulbeurte) | Curtis Campher 72* (32) Michael Leask 1/16 (2 boulbeurte) |
t | ||
Johnson Charles 45 (36) Sikandar Raza 3/19 (4 boulbeurte) | Luke Jongwe 29 (22) Alzarri Joseph 4/16 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Jason Holder (WI) neem sy 50ste T20I-paaltje.[42]
t | ||
Brandon King 62* (48) Gareth Delany 3/16 (4 boulbeurte) | Paul Stirling 66* (48) Akeal Hosein 1/38 (4 boulbeurte) |
t | ||
George Munsey 54 (51) Tendai Chatara 2/14 (4 boulbeurte) | Craig Ervine 58 (54) Josh Davey 2/16 (3 boulbeurte) |
Super Twaalf
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die Super Twaalf deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | 5 | 3 | 1 | 1 | 7 | +2.113 |
![]() | 5 | 3 | 1 | 1 | 7 | +0.473 |
![]() | 5 | 3 | 1 | 1 | 7 | –0.173 |
![]() | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −0.422 |
![]() | 5 | 1 | 3 | 1 | 3 | −1.615 |
![]() | 5 | 0 | 3 | 2 | 2 | −0.571 |
t | ||
Devon Conway 92* (58) Josh Hazlewood 2/41 (4 boulbeurte) | Glenn Maxwell 28 (20) Tim Southee 3/6 (2.1 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Ibrahim Zadran 32 (32) Sam Curran 5/10 (3.4 boulbeurte) | Liam Livingstone 29* (21) Mohammad Nabi 1/16 (3 boulbeurte) |
t | ||
Harry Tector 45 (42) Maheesh Theekshana 2/19 (4 boulbeurte) | Kusal Mendis 68* (43) Gareth Delany 1/28 (4 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Pathum Nissanka 40 (45) Glenn Maxwell 1/5 (1 boulbeurt) | Marcus Stoinis 59* (18) Dhananjaya de Silva 1/18 (2.1 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Marcus Stoinis slaan die vinnigste T20I-vyftigtal vir Australië (in 17 aflewerings).[56]
t | ||
Andrew Balbirnie 62 (47) Liam Livingstone 3/17 (3 boulbeurte) | Dawid Malan 35 (37) Josh Little 2/16 (3 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 110 lopies in 14.3 boulbeurte vir Engeland.
- Ná verdere reën tydens Engeland se kolfbeurt is die wedstryd afgelas.
- Dit is Ierland se eerste T20I-oorwinning teen Engeland.[58]
t | ||
- Geen loot nie
- Wedstryd afgelas weens reën.
- Dit is slegs die derde T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
t | ||
- Geen loot nie
- Wedstryd afgelas weens reën.
- Dit is slegs die vierde T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
t | ||
- Geen loot nie
- Wedstryd afgelas weens reën.
- Dit is slegs die vyfde T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
t | ||
Glenn Phillips 104 (64) Kasun Rajitha 2/23 (4 boulbeurte) | Dasun Shanaka 35 (32) Trent Boult 4/13 (4 boulbeurte) |
t | ||
Aaron Finch 63 (44) Barry McCarthy 3/29 (4 boulbeurte) | Lorcan Tucker 71* (48) Glenn Maxwell 2/14 (2.1 boulbeurte) |
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Harry Tector (Irl) speel in sy 50ste T20I.[66]
t | ||
Rahmanullah Gurbaz 28 (24) Wanindu Hasaranga 3/13 (4 boulbeurte) | Dhananjaya de Silva 66* (42) Mujeeb Ur Rahman 2/24 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[68]
t | ||
Jos Buttler 73 (47) Lockie Ferguson 2/45 (4 boulbeurte) | Glenn Phillips 62 (36) Sam Curran 2/26 (4 boulbeurte) |
t | ||
Kane Williamson 61 (35) Josh Little 3/22 (4 boulbeurte) | Paul Stirling 37 (27) Lockie Ferguson 3/22 (4 boulbeurte) |
t | ||
Glenn Maxwell 54* (32) Naveen-ul-Haq 3/21 (4 boulbeurte) | Rashid Khan 48* (23) Adam Zampa 2/22 (4 boulbeurte) |
t | ||
Pathum Nissanka 67 (45) Mark Wood 3/26 (3 boulbeurte) | Alex Hales 47 (30) Wanindu Hasaranga 2/23 (4 boulbeurte) |
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.319 |
![]() | 5 | 3 | 2 | 0 | 6 | +1.028 |
![]() | 5 | 2 | 2 | 1 | 5 | +0.874 |
![]() | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −0.849 |
![]() | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −1.176 |
![]() | 5 | 1 | 3 | 1 | 3 | −1.138 |
t | ||
Shan Masood 52* (42) Hardik Pandya 3/30 (4 boulbeurte) | Virat Kohli 82* (53) Haris Rauf 2/36 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Afif Hossain 38 (27) Paul van Meekeren 2/21 (4 boulbeurte) | Colin Ackermann 62 (48) Taskin Ahmed 4/25 (4 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Bangladesj se eerste oorwinning in die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[81]
t | ||
Wesley Madhevere 35* (18) Lungi Ngidi 2/20 (2 boulbeurte) | Quinton de Kock 47* (18) Sikandar Raza 0/11 (1 boulbeurt) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën verkort die wedstryd tot nege boulbeurte per span.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 64 lopies in sewe boulbeurte vir Suid-Afrika.
- Ná verdere reën tydens Suid-Afrika se kolfbeurt is die wedstryd afgelas.
t | ||
Rilee Rossouw 109 (56) Shakib Al Hasan 2/33 (3 boulbeurte) | Litton Das 34 (31) Anrich Nortje 4/10 (3.3 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Rilee Rossouw word die tiende kolwer en eerste Suid-Afrikaner wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal slaan.[63] Dit is ook sy tweede agtereenvolgende T20I-honderdtal.[84]
- Die Suid-Afrikaanse vennootskap om die tweede paaltjie met 163 lopies tussen Rilee Rossouw en Quinton de Kock is die tweede hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[85]
- Dit is Bangladesj se ergste T20I-nederlaag.[85]
t | ||
Virat Kohli 62* (44) Paul van Meekeren 1/32 (4 boulbeurte) | Tim Pringle 20 (15) Bhuvneshwar Kumar 2/9 (3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Die wedstryd is oorspronklik geskeduleer vir 19:00, maar dit het later begin weens reën in die vorige wedstryd op dieselfde grond.
t | ||
Sean Williams 31 (28) Mohammad Wasim 4/24 (4 boulbeurte) | Shan Masood 44 (38) Sikandar Raza 3/25 (4 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Zimbabwe se eerste oorwinning in die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[88]
t | ||
Najmul Hossain Shanto 71 (55) Blessing Muzarabani 2/13 (2 boulbeurte) | Sean Williams 64 (42) Taskin Ahmed 3/19 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Colin Ackermann 27 (27) Shadab Khan 3/22 (4 boulbeurte) | Mohammad Rizwan 49 (39) Brandon Glover 2/22 (2.5 boulbeurte) |
t | ||
Suryakumar Yadav 68 (40) Lungi Ngidi 4/29 (4 boulbeurte) | David Miller 59* (46) Arshdeep Singh 2/25 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.[94]
t | ||
Sikandar Raza 40 (24) Paul van Meekeren 3/29 (4 boulbeurte) | Max O’Dowd 52 (47) Richard Ngarava 2/18 (4 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Virat Kohli 64* (44) Hasan Mahmud 3/47 (4 boulbeurte) | Litton Das 60 (27) Hardik Pandya 2/28 (3 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 151 lopies in 16 boulbeurte vir Bangladesj.
- Virat Kohli (Ind) slaan die meeste lopies in die T20I-wêreldbekergeskiedenis en steek by Mahela Jayawardene (SL) oor.[97]
t | ||
Shadab Khan 52 (22) Anrich Nortje 4/41 (4 boulbeurte) | Temba Bavuma 36 (19) Shaheen Afridi 3/14 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 142 lopies in 14 boulbeurte vir Suid-Afrika.
t | ||
Colin Ackermann 41* (26) Keshav Maharaj 2/27 (4 boulbeurte) | Rilee Rossouw 25 (19) Brandon Glover 3/9 (2 boulbeurte) |
t | ||
Najmul Hossain Shanto 54 (48) Shaheen Afridi 4/22 (4 boulbeurte) | Mohammad Rizwan 32 (32) Nasum Ahmed 1/14 (4 boulbeurte) |
t | ||
Suryakumar Yadav 61* (25) Sean Williams 2/9 (2 boulbeurte) | Ryan Burl 35 (22) Ravichandran Ashwin 3/22 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Uitklopfase
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/MCG2022ICCT20.jpg/220px-MCG2022ICCT20.jpg)
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
9 November – Sydney | ||||||
![]() | 152/4 | |||||
![]() | 153/3 | 13 November – Melbourne | ||||
![]() | 137/8 | |||||
10 November – Adelaide | ![]() | 138/5 | ||||
![]() | 168/6 | |||||
![]() | 170/0 |
Halfeindrondte
t | ||
Daryl Mitchell 53* (35) Shaheen Afridi 2/24 (4 boulbeurte) | Mohammad Rizwan 57 (43) Trent Boult 2/33 (4 boulbeurte) |
t | ||
Hardik Pandya 63 (33) Chris Jordan 3/43 (4 boulbeurte) | Alex Hales 86* (47) Arshdeep Singh 0/15 (2 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Virat Kohli (Ind) word die eerste krieketspeler wat 4 000 T20I-lopies moker.[112]
- Die Engelse vennootskap met 170 lopies tussen Jos Buttler en Alex Hales is die hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[113]
- Engeland haal vir die derde keer ná 2010 en 2016 die eindstryd.[114]
Eindstryd
t | ||
Shan Masood 38 (28) Sam Curran 3/12 (4 boulbeurte) | Ben Stokes 52* (49) Haris Rauf 2/23 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland word die eerste mansspan wat beide die krieketwêreldbekertitel en die T20I-wêreldbekertitel op dieselfde tydstip hou.[116]
T20I-wêreldkampioen 2022 |
---|
![]() |
Statistiek
Finale puntestand
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/81/2022_ICC_Mens_T20_World_Cup_results.svg/400px-2022_ICC_Mens_T20_World_Cup_results.svg.png)
Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Super Twaalf
Groepfase
Nie deelgeneem nie
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bf/England_2022_T20_Champions.jpg/220px-England_2022_T20_Champions.jpg)
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2022.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | ![]() | 1 | 7 | 5 | 1 | 1 | 849 | 874 | –25 | 11 | — |
2 | ![]() | 2 | 7 | 4 | 0 | 3 | 986 | 906 | +80 | 8 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | ![]() | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 1010 | 849 | +161 | 8 | — |
4 | ![]() | 1 | 6 | 3 | 1 | 2 | 863 | 695 | +168 | 7 | — |
In die Super Twaalf uitgeskakel | |||||||||||
5 | ![]() | 1 | 5 | 3 | 1 | 1 | 616 | 658 | –42 | 7 | –0.173 |
6 | ![]() | 2 | 5 | 2 | 1 | 2 | 646 | 656 | –10 | 5 | +0.874 |
7 | ![]() | A/1 | 8 | 4 | 0 | 4 | 1103 | 1123 | –20 | 8 | — |
9 | ![]() | A/2 | 8 | 4 | 0 | 4 | 1007 | 1074 | –67 | 8 | — |
8 | ![]() | 2 | 5 | 2 | 0 | 3 | 667 | 799 | –132 | 4 | –1.176 |
10 | ![]() | B/2 | 8 | 3 | 1 | 4 | 1017 | 1064 | –47 | 7 | — |
11 | ![]() | B/1 | 8 | 3 | 1 | 4 | 1045 | 1098 | –53 | 7 | — |
12 | ![]() | 1 | 5 | 0 | 2 | 3 | 420 | 429 | –9 | 2 | –0.571 |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
13 | ![]() | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 425 | 378 | +47 | 2 | +0.730 |
14 | ![]() | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 468 | 431 | +37 | 2 | +0.304 |
15 | ![]() | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 417 | 432 | –15 | 2 | −0.563 |
16 | ![]() | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 332 | 405 | –73 | 2 | −1.235 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:[1]
| Meeste paaltjies:[2]
|