Szeklers

Die Szeklers (Hongaars: Székely; Roemeens: Secui, vroeëre spelling Săcui) is ’n Hongaarse etniese groep wat veral in Szeklerland (Székelyföld), aan die oosgrens van Transsilvanië in die huidige Roemenië, woon. Histories beskou is die Szeklers die grensbewakers van die Koninkryk van Hongarye.

Szeklers

Szeklers-vlag
Totale bevolking:500 000–700 000)[1][2][3]
(532 van hulle verklaar hulself as Szeklers by die Roemeense sensus van 2011)[4]
Belangrike bevolkings  in:Roemenië (meestal in die provinsies van Harghita, Covasna en dele van Mures), die suide van Hongarye en die res van die wêreld
Taal:Hongaars
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk, met Hongaarse Gereformeerde en Unitere minderhede
Verwante etniese groepe:Ander Oegriese volke soos Hongare
'n Betoging vir die onafhanklikheid van Szeklerland, Februarie 2015 in Boedapest.

Die Szeklers was in die Middeleeue naas die Hongaarse adellikes en die Transsilvaniese Saksers een van die drie bevoorregte volke van Transsilvanië. Szeklerland is teenswoordig in Roemenië.

Die meeste Szeklers voel hulle is eerstens Hongare en tweedens Szeklers. In die sensus van 2002 het net 150 mense hul volksgroep as "Szeklers" aangedui. Feitlik almal het eerder "Hongaars" gekies.

Die Szeklers word verteenwoordig deur die Nasionale Szeklerraad.

Verwysings

Bron

  • Ioan Aurel Pop, The Ethno-Confessional Structure of Medieval Transylvania and Hungary. Cluj Napoca, 1994 (bulletin van die Sentrum vir Transsilvaniese Studies, vol. III, nr. 4, Julie 1994)
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Eksterne skakels