Sun Microsystems

Sun Microsystems was 'n rekenaarmaatskappy wat wêreldwyd sake gedoen het. Hulle hoofkantoor was in Santa Clara, Kalifornië, VSA geleë. Hulle was op 'n stadium een van die grootste rekenaarmaatskappye ter wêreld. In 2007 het Sun 33 900 werknemers gehad wat oor 170 lande werksaam was. Op 20 April 2009 het Sun Microsystems aangekondig dat hulle ingestem het dat Oracle hulle uitkoop.

Sun Microsystems
TipeAandelemaatskappy
Gestig24 Februarie 1982
HoofkantoorSanta Clara, KaliforniëVerenigde State
Industrierekenaarstelsels
rekenaarsagteware
Produktebedieners, werkstasies, stoor, dienste
Werknemers38 600[1] (2006)
MoedermaatskappyOracle Corporation‎
Ontbind27 Februarie 2014
'n SunRay werkstasie.

Sun Microsystems het ook kantore in Suid-Afrika gehad, vanwaar ondersteuning gebied en opleiding verskaf is om mense in staat te stel om die maatskappy se produkte te kon gebruik.

Geskiedenis

Op 12 Februarie 1982 stig Vinod Khosla, Andy Bechtolsheim en Scott McNealy die Sun Microsystems maatskappy. Die maatskappy se naam is afgelei van Stanford University Network, waar die stigterslede gestudeer het. Die maatskappy se leuse is "die netwerk is die rekenaar". Vanaf die begin af het hulle ten doel gehad om rekenaars in netwerke met mekaar te laat saamwerk.

Hardeware

Sun vervaardig die SPARC-rekenaarverwerker en ook stelsels wat die verwerkers gebruik. Naas SPARC gebruik hulle ook verwerkers van AMD en Intel.

Sagteware

Sun se bedryfstelsel is Solaris. Die bedryfstelsel se bronkode word onder die naam OpenSolaris beskikbaar gestel.

Die maatskappy is ook bekend vir hulle platform onafhanklike Java ontwikkelingstaal.

Sun besit ook 'n kantoorpakket genaamd StarOffice (en die gratis variant OpenOffice.org). Onlangs het Sun ook die oopbron MySQL-databasisbestuurstelsel oorgekoop.

Lêersisteme

Sun het die Network File System (NFS), wat op meeste Unix en Linux stelsels beskikbaar is, ontwerp. Meer onlangs het hulle ook die Zettabyte File System (ZFS) vrygestel.

Verwysings

Eksterne skakels

37°23′37.41″N 121°57′11.72″W / 37.3937250°N 121.9532556°W / 37.3937250; -121.9532556