Suikerbossie

gewilde Afrikaanse volksliedjie

"Suikerbossie" is ’n gewilde Afrikaanse volksliedjie. Dit is as lied 114 in die FAK-sangbundel opgeneem.[1]

"Suikerbossie"
Genre Afrikaanse volksmusiek
Woorde Tradisioneel
Melodie Volkswysie
Verwerking Pierre Malan[1]
Portaal  Portaalicoon  Musiek

Woorde

Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê;
wat sal jou mamma daarvan sê?

Dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan--
ek en my Suikerbossie saam!

Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;
sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou;
sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou:
tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou!

O Siena, ek's lief vir jou;
Siena, ek's lief vir jou,
Siena, ek's lief vir jou;
Siena, wat sê jou mamma nou?

Verwysings