Suidelike Vuurwielsterrestelsel

Die Suidelike Vuurwielsterrestelsel (ook bekend as Messier 83 of NGC 5236) is ’n staafspiraalsterrestelsel[1] sowat 14,7 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit is in 1752 in die Kaap die Goeie Hoop deur Nicolas-Louis de Lacaille ontdek[2] en Charles Messier het dit in 1781 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Suidelike Vuurwielsterrestelsel
Die Suidelike Vuurwielsterrestelsel, of Messier 83. (Bron: ESO)
Die Suidelike Vuurwielsterrestelsel, of Messier 83.
(Bron: ESO)
Soort stelselStaaf-spiraalsterrestelsel
SterrebeeldNoordelike Waterslang
Messier-naamMessier 83
TipeSAB(s)c
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming13h 37m 00,9s
Deklinasie-29º 51' 57"
Skynmagnitude7,54
Besonderhede
Afstand (ligjaar)14,7 miljoen
Skynbare grootte 12′,9 × 11′,5
Rooiverskuiwing +1,711 x 10−6
Ander nameNGC 5236, UGCA 366, PGC 48082
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Dit is een van die naaste en helderste staafspiraalstelsels en kan met ’n verkyker gesien word. Ses supernovas is al in M83 gesien: SN 1923A, SN 1945B, SN 1950B, SN 1957D, SN 1968L en SN 1983N.

Op 16 Junie 2008 het ’n Nasa-projek aangekondig dat ’n groot aantal nuwe sterre in die buitenste streke van die sterrestelsel gevind is. Voorheen is geglo dié streke het nie die nodige materiaal vir stervorming nie.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

13h 37m 00.9s, −29° 51′ 57″