Suid-Atlantiese Anomalie

Die Suid-Atlantiese Anomalie (SAA) is ’n streek in die Aarde se atmosfeer waar die binneste Van Allen-stralingsgordel die naaste aan die Aarde se oppervlak kom: sowat 200 km. Dit lei tot ’n toename in die vloed van energieke deeltjies in die streek wat satelliete blootstel aan hoër vlakke van straling as gewoonlik.

Die afwyking op ’n hoogte van 560 km.[1]

Die afwyking word veroorsaak deur die feit dat die Aarde en sy magnetiese dipool nie konsentries is nie. Die SAA is die streek na aan die Aarde waar die magneetveld op sy swakste is relatief tot ’n geïdealiseerde aardgesentreerde dipoolveld.

Verwysings

Eksterne skakels