Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 is 'n algemene verkiesing wat op 7 Mei 2014 in Suid-Afrika gehou is. Dit was die vierde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994.

Agtergrond

Die sogenaamde "vrygebore"-generasie kon vir die verkiesing registreer
Aanwysing na 'n stemlokaal
Banier voor 'n stemlokaal
Ry mense in Midrand wat wag om hul stem uit te bring
Verkiesingsplakkate in Pretoria

Volgens die Grondwet van Suid-Afrika moet 'n verkiesing minstens elke vyf jaar plaasvind. Die doel van die verkiesing is om 'n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers te verkies. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 lede wat deur eweredige verteenwoordiging verkies word en wat op hulle beurt die president van die land verkies.

Politieke partye

Die regerende African National Congress (ANC) met die ondersteuning van die drieledige alliansie met die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde (COSATU) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sedert 1994 die meerderheid van die setels in die Nasionale Vergadering. In 1999 en 2004 het die steun effens toegeneem maar in 2009 van 69% na 65,9% afgeneem. Die ANC is gelei deur Jacob Zuma wat in 2012 vir ’n tweede vyfjaartermyn verkies is tot president van die ANC toe hy ’n wegholoorwinning teen Kgalema Motlanthe, die enigste opponent, behaal het. Cyril Ramaphosa is aangewys as adjunkpresident van die ANC nadat Motlanthe ’n tweede termyn van die hand gewys het.

Die Demokratiese Alliansie se steun het van 2009 tot 2014 toegeneem van 16,7% tot 22,2%, wat aan die party 'n bykomende 22 setels gee. Helen Zille is as leier herkies tydens die party se Federale Kongres in Gauteng. Die Congress of the People (Cope) was tot voor die verkiesing die derde grootste party en is gelei deur Mosiuoa Lekota. Hy is egter deur Mbhazima Shilowa teengestaan met die geveg wat tot in die Hooggeregshof gedraai het. As gevolg van die stryery het die party heelwat steun verloor en dit het daarop uitgeloop dat die United Congress deur ontnugterde Cope-lede gestig is.

Die Vryheidsfront Plus is in die verkiesing gelei deur Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye nadat hy ook herkies is as leier. Mangosuthu Buthelezi is steeds die leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) ten spyte van ’n aanslag deur Zanele kaMagwaza-Msibi, voormalige voorsitter van die IVP. Sy het die Nasionale Vryheidsparty gestig na ’n vete met Buthelezi.

Op 11 Maart 2014 het die Christen Demokratiese Party aangekondig dat die party hom aan die verkiesing onttrek omdat “met lede se swaarverdiende geld gedobbel word” in ’n poging om ’n setel in die parlement te kry.[1]

Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie het op 17 Maart aangekondig dat 33 partye kandidate vir die nasionale parlementêre verkiesing geregistreer het. Die aantal partye wat om plekke in die provinsiale wetgewers meegeding het is soos volg:[2]

  • Wes-Kaap – 26
  • Gauteng – 22
  • Limpopo – 20
  • Oos-Kaap – 18
  • KwaZulu-Natal – 18
  • Vrystaat – 17
  • Mpumalanga – 16
  • Noord-Kaap – 16
  • Noordwes – 16

Vier partye het egter nie die verlangde deposito betaal nie en het hul deelname verbeur omdat hulle nie voor 24 Maart 2014 die deposito betaal het nie.[3]

Nuwe partye

Verskeie nuwe partye het op nasionale en provinsiale vlak aan die verkiesing deelgeneem:

Alliansies/Samewerkingsooreenkomste

Die Onafhanklike Demokrate wat 4 setels en 0,9% van die stemme in 2009 gekry het, het met die Demokratiese Alliansie saamgesmelt voor die verkiesing.

Op 17 Desember 2013 is aangekondig dat vyf politieke partye, naamlik Cope, die IVP, die ACDP, die UCDP en die Vryheidsfront Plus ’n samewerkingsooreenkoms bereik het met 20 spesifieke prioriteite waaroor die partye eenstemmigheid bereik het. Die partye in die koalisie, genaamd die Kollektief vir Demokrasie en onder voorsitterskap van Mosiuoa Lekota van Cope, sal hul eie identiteite behou en onder hul eie name en logos aan die verkiesing deelneem.[4] Die IVP het aanvanklik deelname aan die koalisie ontken en gesê dat hulle versigtig is vir die stig van sulke koalisies omdat dit in vorige verkiesings slegs verwarring onder hul ondersteuners veroorsaak het.[5][6]

Op 20 Desember 2013 het NUMSA, een van Cosatu se grootste bondgenote, aangekondig dat hulle nie die ANC of enige ander politieke party sal steun in 2014 nie en dat NUMSA beplan om ’n nuwe werkersklas-kollektief soortgelyk aan die ontbinde United Democratic Front met die uiteindelike doel om ’n sosialistiese party te vorm wat aan die 2019-verkiesing gaan deelneem.[7][8]

Op 28 Januarie 2014 het die DA aangekondig dat Mamphela Ramphele ’n uitnodiging om as presidentskandidaat van die DA te staan, aanvaar het[9][10][11] en dat die DA en Agang sou saamsmelt.[12][13] Op 31 Januarie 2014 het Ramphele gesê dat sy nie DA-lidmaatskap wou aanvaar nie en dat sy die leier van Agang Suid-Afrika sal bly. Dit het heelwat verwarring veroorsaak.[14] Op 2 Februarie 2014 het Zille gesê dat Ramphele die ooreenkoms verloën het.[15] Ramphele het gevolglik verskoning gevra vir die omkeer in haar besluit en gesê dat die tydsberekening nie reg was nie.[16]

Op 6 Februarie 2014 is aangekondig dat die Cope-lede wat Shilowa-ondersteuners was, beplan het om by die United Democratic Movement van Bantu Holomisa aan te sluit.[17] Op 11 Maart 2014 het Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty aangekondig dat hulle saam sou werk onder die naam Al Jama-ah Gemeenskapsparty.[18] Op 12 Maart is verslag gedoen dat ’n DA-LP, Beverley Abrahams, by die ANC aangesluit het.[19] Voorts is op 20 Maart 2014 bekend gemaak dat Lourie Bosman, Niekie van den Berg en Theo Coetzee van die DA en Pieter Vorster van die Afrikanerbond hulle by die Vryheidsfront Plus aangesluit het en hulself as parlementêre kandidate beskikbaar stel.[20]

Uitslae

Nasionaal

Kaart van die Nasionale Uitslae:

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   IVP-meerderheid

   Geen meerderheid, IVP gewildste

   NVP-meerderheid

   Geen meerderheid, NVP gewildste

   Ander party-meerderheid

   Geen meerderheid, ander party gewildste

Setels in die Nasionale vergadering na die 2014-verkiesing

   ANC

   DA

   EFF

   IVP

   Ander partye

Setels in die Nasionale Raad van Provinsies na die 2014-verkiesing

   ANC permanente delegate

   ANC spesiale delegate

   DA permanente delegate

   DA spesiale delegate

   EFF permanente delegate

   EFF spesiale delegate

   ander party permanente delegate

   ander party spesiale delegate

wysig · bespreek

PartyStemme%VeranderingSetelsVerandering
African National Congress11,436,92162.15% -3.75249 -15
Demokratiese Alliansie4,091,58422.23% +4.6589 +18
Ekonomiese Vryheidsvegters1,169,2596.35%nuut25nuut
Inkatha Vryheidsparty441,8542.40% -2.1510 -8
Nasionale Vryheidsparty288,7421.57%Nuut6Nuut
United Democratic Movement184,6361.00% +0.164 0
Vryheidsfront Plus165,7150.90% +0.074 0
Congress of the People123,2350.67% -6.753 -27
Afrika Christen Demokratiese Party104,0390.57% -0.243 0
African Independent Congress97,6420.53%Nuut3Nuut
Agang52,3500.28%Nuut2Nuut
Pan Africanist Congress37,7840.21% -0.071 0
African People’s Convention30,6760.17% -0.041 0
Al Jama-ah25,9760.14% -0.010 0
Minority Front22,5890.12% -0.120 1
United Christian Democratic Party21,7440.12% -0.260 2
Azanian People’s Organisation20,4210.11% -0.110 1
Bosbokrand Inwonersvereniging15,2710.08%Nuut0Nuut
Independent Civic Organisation of South Africa14,4720.08%Nuut0Nuut
Patriotic Alliance13,2630.07%Nuut0Nuut
Workers and Socialist Party8,3310.05%Nuut0Nuut
Ubuntu Party8,2340.04%Nuut0Nuut
Kingdom Governance Movement6,4080.03%Nuut0Nuut
Front Nasionaal5,1380.03%Nuut0Nuut
Keep It Straight And Simple4,2940.02% -0.010 0
Pan Africanist Movement3,8150.02% -0.010 0
First Nation Liberation Alliance3,2970.02%Nuut0Nuut
United Congress3,1360.02%Nuut0Nuut
Peoples Alliance1,6710.01%Nuut0Nuut
Totaal18 402 497100.00400
Bedorwe stemme251 960

Gauteng provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

Setels in Gauteng se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   EFF

   VF+

   IVP

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress2 348 56453,59% -10,4440 -7
Demokratiese Alliansie1 349 00130,78%[a] +8,3223[a] +6
Ekonomiese Vryheidsvegters451 31810,30%NVT8NVT
Vryheidsfront Plus52 4361,20% -0,431 0
Inkatha Vryheidsparty34 2400,78% -0,711 0
Afrika Christen Demokratiese Party27 1960,62% -0,250 -1
Congress of the People21 6520,49% -7,280 -6
Nasionale Vryheidsparty20 7330,47%NVT0NVT
United Democratic Movement19 4860,44% +0,050 0
Agang18 2580,42%NVT0NVT
Pan Africanist Congress11 2410,26% -0,050 0
African People’s Convention7 1870,16% +0,040 0
Azanian People’s Organisation5 1100,12% -0,100 0
United Christian Democratic Party3 6410,08% -0,160 0
Minority Front3 2370,07%NVT0NVT
Front Nasionaal2 2850,05%NVT0NVT
Workers and Socialist Party1 9880,05%NVT0NVT
Patriotic Alliance1 8110,04%NVT0NVT
Independent Civic Association9740,02%NVT0NVT
Kingdom Governance Movement8150,02%NVT0NVT
Lekgotla for Democracy Advancement6950,02%NVT0NVT
Merafong Civic Association2950,01%NVT0NVT
Totaal4 382 163100.0073
Bedorwe stemme42 261

KwaZulu-Natal provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   IVP-meerderheid

   Geen meerderheid, IVP gewildste

   NVP-meerderheid

   Geen meerderheid, NVP gewildste

Setels in KwaZulu-Natal se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   IVP

   NVP

   EFF

   MF

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress2 475 04164,52% +1,5752 +1
Demokratiese Alliansie489 43012,76%[a] +3,4210[a] +3
Inkatha Vryheidsparty416 49610,86% -11,549 -9
Nasionale Vryheidsparty280 4257,31%NVT6NVT
Ekonomiese Vryheidsvegters70 8231,85%NVT2NVT
Minority Front38 9601,02% -1,041 -1
Afrika Christen Demokratiese Party16 8030,44% -0,240 -1
Vryheidsfront Plus7 6950,20% +0,040 0
African People’s Convention7 0400,18% +0,040 0
United Democratic Movement6 6320,17% -0,060 0
Congress of the People5 9680,16% -1,130 -1
Azanian People’s Organization5 8730,15%NVT0NVT
Truly Alliance4 0820,11%NVT0NVT
Pan Africanist Congress2 9300,08% 0,000 0
KZN Transport Alliance2 7960,07%NVT0NVT
United Christian Democratic Party2 1860,06% +0,010 0
Kingdom Governance Movement1 9030,05%NVT0NVT
Ubumbano Lwesizwe Sabangoni9260,02%NVT0NVT
Totaal3 836 009100.0080
Bedorwe stemme51 831

Limpopo provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

Setels in Limpopo se Provinsiale Parlement:

   ANC

   EFF

   DA

   COPE

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress1 149 24878,60% -6,2839 -4
Ekonomiese Vryheidsvegters156 98210,74%NVT6NVT
Demokratiese Alliansie94 7246,48% +2,913 +1
Congress of the People12 5730,86% -6,671 -1
Vryheidsfront Plus10 1020,69% +0,080 0
Afrika Christen Demokratiese Party6 9880,48% -0,210 0
Agang5 1970,36%NVT0NVT
African People’s Convention5 0580,35% +0,050 0
Pan Africanist Congress4 2660,29% -0,240 0
United Democratic Movement3 9200,27% -0,080 0
Azanian People’s Organisation3 8510,26% -0,110 0
Ximoko Party3 0440,21% -0,020 0
Workers and Socialist Party1 2220,08%NVT0NVT
Inkatha Vryheidsparty1 2190,08% +0,020 0
South African Maintenance and
Estate Beneficiaries Association
1 1050,08%NVT0NVT
United Christian Democratic Party8500,06% -0,030 0
Nasionale Vryheidsparty5860,04%NVT0NVT
Lekgotla for Democracy Advancement5560,04%NVT0NVT
Unemployed Movement SA3490,02%NVT0NVT
Merafong Civic Association2190,01%NVT0NVT
Totaal1 462 186100.0049
Bedorwe stemme18 409

Mpumalanga provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   BRA-meerderheid

   Geen meerderheid, BRA gewildste

Setels in Mpumalanga se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   EFF

   BRA

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress1 045 40978,23% -7,3124 -3
Demokratiese Alliansie138 99010,4 %[a] +2,793[a] +1
Ekonomiese Vryheidsvegters83 5896,26%NVT2NVT
Bosbokrand Inwonersvereniging15 3681,15%NVT1NVT
Vryheidsfront Plus11 0180,82% -0,020 00
Nasionale Vryheidsparty10 0660,75%NVT0NVT
African People’s Convention5 9400,44% +0,070 0
Afrika Christen Demokratiese Party5 3240,40% -0,110 0
Congress of the People4 2880,32% -2,590 -1
Sindawonye Progressive Party4 2440,32% -0,180 0
Inkatha Vryheidsparty3 4810,26% -0,240 0
Pan Africanist Congress3 1090,23% -0,080 0
Agang1 7050,13%NVT0NVT
United Democratic Movement1 7010,13% -0,130 0
Azanian People’s Organisation1 2350,09% -0,130 0
United Christian Democratic Party7920,06% - 0,010 0
Totaal1 336 259100.0030
Bedorwe stemme19 333

Noord-Kaap provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

Setels in die Noord-Kaap se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   EFF

   COPE

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress272 05364,40% +3,6520 +1
Demokratiese Alliansie100 91623,89%[a] +6,387[a] +1
Ekonomiese Vryheidsvegters20 9514,96%NVT2NVT
Congress of the People15,2143,60% -13,071 -4
Vryheidsfront Plus4 6001,09% -0,160 0
Afrika Christen Demokratiese Party2,4210,57% -0,430 0
United Christian Democratic Party1 ,5420,37% -0,840 0
African People’s Convention1 1910,28% -0,060 0
Azanian People’s Organisation1 0620,25% -0,350 0
Patriotic Alliance5830,14%NVT0NVT
Independent Civic Organisation of South Africa4990,12%NVT0NVT
Pan Africanist Congress of Azania4600,11% -0,110 0
United Democratic Movement3660,09% -0,060 0
Inkatha Vryheidsparty2390,06% -0,130 0
First Nation Liberation Alliance1940,05%NVT0NVT
Nasionale Vryheidsparty1390,03%NVT0NVT
Totaal422 431100.0030
Bedorwe stemme6 106

Noordwes provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   EFF-meerderheid

   Geen meerderheid, EFF gewildste

Setels in Noordwes se Provinsiale Parlement:

   ANC

   EFF

   DA

   VF+

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress733 49067,39% -5,5023 -2
Ekonomiese Vryheidsvegters143 76513,21%NVT5NVT
Demokratiese Alliansie138 52112,73%[a] +4,014[a] +1
Vryheidsfront Plus18 7461,72% -0,091 +1
United Christian Democratic Party12 8111,18% -4,090 -2
Congress of the People10 2560,94% -7,530 -3
United Democratic Movement9 6150,88% +0,370 0
Afrika Christen Demokratiese Party5 7280,53% -0,160 0
Agang4 7360,44%NVT0NVT
African People’s Convention4 3980,40% +0,110 0
Azanian People’s Organisation1 7960,17% -0,090 0
Nasionale Vryheidsparty1 5820,15%NVT0NVT
Inkatha Vryheidsparty1 4960,14% -0,010 0
Pan Africanist Congress1 4730,14% -0,130 0
Workers and Socialist Party9390,09%NVT0NVT
Suid-Afrikaanse Politieke Party6620,06% -0,110 0
Totaal1 088 450100.0033
Bedorwe stemme18 629

Oos-Kaap provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   UDM-meerderheid

   Geen meerderheid, UDM gewildste

Setels in die Oos-Kaap se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   UDM

   EFF

   COPE

   AIC

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress1 528 10270,13% +1,1345 +1
Demokratiese Alliansie353 31616,20%[a] +5,7510[a] +4
United Democratic Movement134 2806,16% +2,034 +1
Ekonomiese Vryheidsvegters75 7763,48%NVT2NVT
Congress of the People26 1291,20% -12,471 -8
African Independent Congress16 7860,77% 0,001 0
Pan Africanist Congress9 6910,44% -0,090 0
Afrika Christen Demokratiese Party7 2910,33% -0,200 0
Vryheidsfront Plus6 8180,31% +0,120 0
African People’s Convention5 0000,23% +0,030 0
Kingdom Governance Movement3 9320,18%NVT0NVT
Nasionale Vryheidsparty3 4720,16%NVT0NVT
Agang2 3720,11%NVT0NVT
Azanian People’s Organisation2 5090,12% -0,090 0
United Congress1 4060,06%NVT0NVT
Inkatha Vryheidsparty1 3880,06% -0,040 0
United Christian Democratic Party1 1940,05% -0,030 0
Pan Africanist Movement7590,03% -0,050 0
Totaal2 180 464100.0063
Bedorwe stemme32 657

Vrystaat provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

Setels in die Vrystaat se Provinsiale Parlement:

   ANC

   DA

   EFF

   VF+

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
African National Congress272 05364,40% -1,2522 0
Demokratiese Alliansie164 67216,23%[a] +4,475[a] +2
Ekonomiese Vryheidsvegters82 6748,15%NVT2NVT
Vryheidsfront Plus21 3392,10% +0,091 0
Congress of the People16 5161,63% -9,990 -4
Afrika Christen Demokratiese Party5 1500,51% -0,220 0
African People’s Convention3 1980,32% +0,010 0
Pan Africanist Congress2 1330,21% -0,120 0
United Democratic Movement2 1270,21% -0,150 0
Agang2 0650,20%NVT0NVT
Azanian People’s Organisation1 5810,16%NVT0NVT
United Christian Democratic Party1 1390,11% -0,220 0
Inkatha Vryheidsparty1 1240,11% -0,110 0
Nasionale Vryheidsparty1 1150,11%NVT0NVT
Patriotic Alliance6510,06%NVT0NVT
Independent Civic Organisation4590,05%NVT0NVT
Totaal1 014 663100.0030
Bedorwe stemme14 634

Wes-Kaap provinsiale verkiesing

   ANC-meerderheid

   Geen meerderheid, ANC gewildste

   DA-meerderheid

   Geen meerderheid, DA gewildste

   ICOSA-meerderheid

   Geen meerderheid, ICOSA gewildste

Setels in die Wes-Kaap se Provinsiale Parlement:

   DA

   ANC

   EFF

   ACDP

wysig · bespreek

PartyStemme%Verandering
van vorige verk.
SetelsVerandering
van vorige verk.
Demokratiese Alliansie1 259 64559,38%[a] +3,2526[a] +2
African National Congress697 66432,89% +1,3414 0
Ekonomiese Vryheidsvegters44 7622,11%NVT1NVT
Afrika Christen Demokratiese Party21 6961,02% -0,451 0
Al Jama-ah13 1820,62%[b] -0,060[b] 0
Congress of the People12 5200,59% -7,150 -3
Independent Civic Organisation11 9490,56%NVT0NVT
Vryheidsfront Plus11 5870,55% +0,120 0
United Democratic Movement10 1990,48% -0,230 0
Patriotic Alliance8 5100,40%NVT0NVT
African Independent Congress6 5080,31%NVT0NVT
Agang6 3980,30%NVT0NVT
Pan Africanist Congress3 5910,17% -0,060 0
Nasionale Party2 6940,13% -0,040 0
African People’s Convention1 2910,06% -0,030 0
African National Party1 2490,06%NVT0NVT
Indigenous Peoples Organisation1 1800,06%NVT0NVT
United Christian Democratic Party1 1580,05% -0,020 0
Inkatha Vryheidsparty1 0780,05% -0,010 0
Azanian People’s Organisation8440,04% -0,030 0
Nasionale Vryheidsparty7630,04%NVT0NVT
Progressive Civic Organisation6420,03%NVT0NVT
First Nation Liberation Alliance6350,03%NVT0NVT
Kingdom Governance Movement4900,02%NVT0NVT
Sibanye Civic Association4780,02%NVT0NVT
Peoples Alliance4400,02%NVT0NVT
Totaal2 212 153100.00
42
Bedorwe stemme18 937

Sien ook

Notas

1 In vergelyking met die gesamentlike stemme van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate in 2009.
2 In vergelyking met die gesamentlike stemme van Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty in 2009.

Verwysings

Eksterne skakels