Suid-Afrikaanse Grand Prix

Die Suid-Afrikaanse Grand Prix was 'n motorwedren wat by die Kyalami Grand Prix-renbaan en voor dit by die Prins George-renbaan in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit het in 1967 verskuif na die Kyalami Grand Prix-renbaan waar dit tot en met die laaste wedren in 1993 aangebied is.

Die Kyalami-renbaan in Midrand, Gauteng

Die eerste wedren vind in die jaar 1934 by die Prince George-renbaan in Oos-Londen plaas. Die Suid-Afrikaanse Grand Prix was aanvanklik as slegs 'n Grand Prix motorsportgeleentheid aangebied en het nie deel uitgemaak van die Formule Eenwêreldkampioenskap nie. Die Grand Prix is 33 keer gehou en het vanaf 1962 25 keer vir die Formule 1 wêreldkampioenskap getel. As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog is die Grand Prix tydelik gestaak vanaf 1940 tot en met 1959. Dit het voorgegaan in 1960 tot dit weer in 1985 gestaak is weens boikotte deur die buiteland teen die regering se apartheidsbeleid. Na die einde van apartheid is daar nog twee laaste wedrenne in 1992 en 1993 gehou maar is weens die groot onkoste nie as winsgewend deur die koördineerders beskou nie. Daar is sedertdien nie weer 'n Suid-Afrikaanse Grand Prix aangebied nie.

In April 2018 het Adrian Scholtz, hoof- uitvoerende beampte van Motorsport Suid-Afrika, Suid-Afrika se moontlike terugkeer tot die Formule Een Grand Prix-kalender bespreek. Hy sê dat die belangrikste struikelblokke is die hoë koste vir die aanbied van so 'n geleentheid en die feit dat tans nie een van Suid-Afrika se renbane aan FIA se vereistes as gasheer van 'n Formule Eenren voldoen nie, hoewel Kyalami naby kom.[1] Die moontlikheid van 'n Suid-Afrikaanse Grand Prix in Kaapstad of Durban is ook al bespreek.[2][3][4]

Vorige wenners

'n Pienk agtergrond dui aan dat die Grand Prix nie deel uitgemaak het van die Formule Eenwêreldkampioenskap nie.
JaarRenjaerVervaardigerPlek
1993 Alain Prost Williams-RenaultKyalami
1992 Nigel Mansell Williams-Renault
1991

1986
Nie plaasgevind nie
1985 Nigel Mansell Williams-HondaKyalami
1984 Niki Lauda McLaren-TAG
1983 Riccardo Patrese Brabham-BMW
1982 Alain Prost Renault
1981 Carlos Reutemann Williams-Ford
1980 René Arnoux Renault
1979 Gilles Villeneuve Ferrari
1978 Ronnie Peterson Lotus-Ford
1977 Niki Lauda Ferrari
1976 Niki Lauda Ferrari
1975 Jody Scheckter Tyrrell-Ford
1974 Carlos Reutemann Brabham-Ford
1973 Jackie Stewart Tyrrell-Ford
1972 Denny Hulme McLaren-Ford
1971 Mario Andretti Ferrari
1970 Jack Brabham Brabham-Ford
1969 Jackie Stewart Matra-Ford
1968 Jim Clark Lotus-Ford
1967 Pedro Rodriguez Cooper-Maserati
1966 Mike Spence Lotus-ClimaxOos-Londen
1965 Jim Clark Lotus-ClimaxOos-Londen
1964Nie plaasgevind nie
1963 Jim Clark Lotus-ClimaxOos-Londen
1962 Graham Hill BRM
1961 Jim Clark Lotus-ClimaxOos-Londen
1960[5] Stirling MossPorsche
Paul FrèreCooper-Climax
1959

1940
Nie plaasgevind nie
1939 Luigi VilloresiMaserati 6CMOos-Londen
1938 Buller MeyerRiley
1937 Pat FairfieldEnglish Racing Automobiles
1936 Mario MassacurattiBugatti 35B
1935Nie plaasgevind nie
1934 Whitney StraightMaserati 8CM 3.0LOos-Londen

Verskillende renbane (1934–1993)

Verwysings