Stille nag, heilige nag

Die Afrikaanse weergawe van een van die bekendste en mees geliefde Kersliedere

"Stille Nag, Heilige Nag" is die Afrikaanse weergawe van een van die bekendste en mees geliefde Kersliedere ter wêreld. Die oorspronklike Duitse lied, "Stille Nacht, Heilige Nacht", is in 1818 in Opper-Oostenryk deur Franz Xaver Gruber gekomponeer op woorde deur Joseph Mohr. Dit is in 2011 deur Unesco tot ’n ontasbare kultuurerfenis van Oostenryk verklaar.[2]

"Stille Nag, Heilige Nag"
Die Stille Nag-kapel.
Die Stille Nag-kapel.
Genre Afrikaanse Kerslied
Woorde J. Mohr[1] (Duits)
Melodie Franz Xaver Gruber
Uitgereik 1818
Oorsprong 
Taal/land Oostenryk
Titel "Stille Nacht, Heilige Nacht"
Portaal  Portaalicoon  Musiek

Talle kunstenaars uit verskeie genres het die lied al opgeneem. Die weergawe deur Bing Crosby is die derde beste enkelsnitverkoper van alle tye.

Afrikaanse woorde

Hierdie is die oorspronlike Afrikaanse vertaling, alhoewel nuwer vertalings meer bekend is:

Stille nag, heilige nag.
Alles rus; eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar Kindjie met Josef so trou:
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer gebore vir ons!
Heer gebore vir ons!

Geskiedenis

Die lied is op Oukersaand 1818 die eerste keer in Oberndorf, Oostenryk, uitgevoer. ’n Jong priester, vader Joseph Mohr, het net die vorige jaar na Oberndorf gekom. Hy het die lied in 1816 in Duits geskryf. Dit is getoonset deur Franz Xaver Gruber, ’n skoolmeester en orrelspeler van die naburige dorp Arnsdorf nadat Mohr hom gevra het.[3] Saam het hulle die nuwe Kerslied op die aand van 24 Desember tydens die mis in die dorp se Sint Nikolaas-kerk uitgevoer. Die kerk is vandag bekend as die Stille Nag-kapel.

Melodie

Franz Xaver Gruber.

Die moderne weergawe is:

Duits/Engels

Koorweergawe deur die VSA-weermagkoor.
Sopraan-solo deur Ernestine Schumann-Heink.
Instrumentale weergawe deur Kevin MacLeod.
Mohr se Duitse woordeEngelse liriek[4]

Stille Nacht, heilige Nacht,
Alles schläft; einsam wacht
Nur das traute hochheilige Paar.
Holder Knabe im lockigen Haar,
Schlaf in himmlischer Ruh!
Schlaf in himmlischer Ruh!

Stille Nacht, heilige Nacht,
Hirten erst kundgemacht
Durch der Engel Halleluja,
Tönt es laut von fern und nah:
Christ, der Retter ist da!
Christ, der Retter ist da!

Stille Nacht, heilige Nacht,
Gottes Sohn, o wie lacht
Lieb' aus deinem göttlichen Mund,
Da uns schlägt die rettende Stund'.
Christ, in deiner Geburt!
Christ, in deiner Geburt!

Silent night, holy night,
All is calm, all is bright
Round yon virgin mother and child.
Holy infant, so tender and mild,
Sleep in heavenly peace,
Sleep in heavenly peace.

Silent night, holy night,
Shepherds quake at the sight;
Glories stream from heaven afar,
Heavenly hosts sing Alleluia!
Christ the Savior is born,
Christ the Savior is born!

Silent night, holy night,
Son of God, love's pure light;
Radiant beams from thy holy face
With the dawn of redeeming grace,
Jesus, Lord, at thy birth,
Jesus, Lord, at thy birth.

Verwysings

Eksterne skakels