Stikstofmonoksied

chemiese verbinding

Stikstofmonoksied is 'n chemiese verbinding van stikstof en suurstof met formule NO.

Eienskappe

Algemeen

NaamStikstofmonoksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleNO
Molêre massa30,01 g/ml
CAS-nommer10102-43-9  
Voorkomskleurlose gas
Fasegedrag
Smeltpunt-163,6 °C
Kookpunt-151,8 °C
Digtheid1,04 rel lug=1;

1,3402 g/L

Oplosbaarheid7,3% in water @ 0 °C;

opl. in swaelsuur, alkohol, CS2 

Kritieke temperatuur-93,15 °C 
Henry se konstante1,9 x 10-3 [mol/L.atm] 1500 [K]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 
LC50115 dpm (rot; 1 uur)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Die rol van NO in die vorming van osoon

Hierdie oksied is 'n kleurlose prikkelende gas wat maklik met suurstof in die atmosfeer reageer om die bruin gas stikstofdioksied (NO2) te vorm. Die diatomiese NO-molekuul het 'n onewe aantal elektrone en is 'n paramagnetiese radikaal.

Biologiese rol

Die NO-molekuul speel 'n belangrike rol in die menslike liggaam. Daar is 'n ensiem wat hierdie molekuul uit die aminosuur L-arginien vervaardig. Hierdie ensiem word byvoorbeeld in die neurone van die lugweë aangetref. NO dien as 'n boodskapper wat inligting van die een senuweesel na 'n ander oordra.[2]

Vorming en reaktiwiteit

Stikstofmonoksied word gewoonlik in die nywerheid vervaardig deur ammoniak te verbrand:

Hierdie proses vereis ongeveer 900 °C en 'n katalisator soos platinum. Die gevormde NO moet ook vinnig tot 150 °C afgekoel word om te verhoed dat N2 gevorm word.[3]

NO kan uit oksidasiereaksies van salpetersuur gevorm word:

NO kan met halogene oksohalogeniede vorm, soos:[4]

Hierdie verbinding kom ook in koningswater voor.

Besoedeling

NO kan in 'n binnebrandenjin ontstaan en hierdie proses is 'n belangrike bron van lugbesoedeling. Stikstofmonoksied kan in die lae atmosfeer as 'n katalisator optree in 'n fotochemiese proses wat osoon vorm. Motorvoertuie word dikwels met 'n katalisator toegerus om dit te verhoed.

Verwysings