Steve Martin

Stephen Glenn "Steve" Martin (gebore op 14 Augustus 1945) is ’n Amerikaanse komediant, akteur, (draaiboek)skrywer, (rolprent)vervaardiger en musikant.

Steve Martin
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Martin in April 2011.

GeboortenaamStephen Glenn Martin
Geboorte14 Augustus 1945 (1945-08-14) (78 jaar oud)
Beroep(e)Akteur, komediant, vervaardiger, skrywer, en musikant
Aktiewe jare1967-nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Martin het in die 1960's bekend geraak as ’n skrywer vir die Smothers Brothers Comedy Hour, en later as ’n gereelde gas op The Tonight Show. In die 1970's het hy as skerpskertser groot skares gelok. Sedert die 1980's het hy ’n suksesvolle akteur geword, sowel as skrywer, pianis en banjospeler, en hy het onder meer ’n Emmy, Grammy en American Comedy Award gewen.

In 2004 het Comedy Central[1] Martin sesde geplaas op sy lys van die 100 beste skerpskertsers. In 2014 het hy op die 86ste Oscar-toekenningsaand ’n ere-Oscar gewen.[2]

Verwysings