St John's Wood

St John's Wood is 'n distrik in die noordweste van Londen, Engeland, in die City of Westminster, en aan die noordwestelike kant van Regent's Park. Dit is ongeveer 2,5 myl noordwes van Charing Cross geleë.

St John's Wood
Distrik
St. John's Wood High Street
St. John's Wood High Street
St John's Wood is in Groter Londen
St John's Wood
St John's Wood
Koördinate: 51°32′10″N 0°10′30″W / 51.53611°N 0.17500°W / 51.53611; -0.17500
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
GraafskapGroter Londen
TydsoneUTC±00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
NW8
Skakelkodes020

Die poskode NW8 (St. John's Wood) is deur die Forbes-tydskrif as die vyfde duurste poskode in Londen en die Verenigde Koninkryk aangewys. 'n Gemiddelde huis hier kos byna £2 miljoen ($3,5 miljoen).[1]Van die duurste eiendomme ter wêreld kan hier aangetref word.[2][3]

Die bekende Lord's-krieketstadion is in die distrik geleë. Die distrik is ook bekend vir Abbey Road en die Abbey Road Studios waar die rock-groep The Beatles hulle albums opgeneem het.

Verwysings