Soechoi Su-35

Russiese vegvliegtuig

Die Soechoi Su-35 is 'n Russiese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die Soechoi Su-27. Die Su-27 was toegerus met Canardvlerke in 1985 en was verder ontwikkel tot die Su-35. Die prototipe van die eerste ware Su-35 (aanvanklik die Su-27M genoem) het op 28 Junie 1988 sy nooiensvlug voltooi.

Soechoi Su-35
'n Su-35S van die Russiese Lugmag
TipeMulti-rol straalvegter
VervaardigerKomsomolsk-on-Amur Aircraft Production Association
Ontwerp deurSoechoi
Nooiensvlug28 Junie 1988
BekendstellingFebruarie 2014
StatusIn diens
HoofgebruikerRussiese Lugmag
Vervaardig2007 tot tans
Aantal gebou105
Ontwikkel vanSoechoi Su-27

Su-35

Die Su-35 verskil van die Su-27 in baie opsigte: die Su-35 het beweegbare canardvlerke, die motore is kragtiger en vlugkontrole vind plaas deur middel van digitale fly-by-wire vliegbeheertegnologie. Die risiko word verminder deur middel van oortolligheid, daar is vier verskillende roetes waarmee kommunikasie tussen die verskillende toerusting plaasvind in die vliegtuig. Dit verseker dat die vliegtuig langer in die lug kan bly tydens gevegte.

Die Phazaton radar het 'n reikvermoë van 100 km en kan 24 teikens gelyktydig beheer. Dit beskik ook oor oppervlak-volgeienskappe en kan die vliegtuig lei oor golwende oppervlakte. Daar is ook 'n radar in die stert van die vliegtuig. Dit kan ook invlug hervul word en daar is twee ekstra brandstoftenks agter in die stertvinne.

In die kajuit is daar drie skerms plus 'n heads-up display waarop vluginligting vertoon word.

Su-37

Verdere ontwikkeling van die Su-35 het gelei na die Su-37. Dit was onder andere toegerus met stuwers wat die vliegtuig ongelooflik beweegbaar gemaak het. Dit het nooit in produksie gegaan nie en die prototipe is verwoes in 'n ongeluk in 2002.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Soechoi Su-35:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerLyulka AL-31M turbowaaier
Kraglewering per motor12 500 kg stukrag
Vlerkspan14,7 m
Lengte22,2m
Hoogte6,36 m
Vlerkoppervlakte46,5 m2
Maksimum opstygmassa34 000 kg
Maksimum snelheid2 500 km/h
Operasionele hoogte18 000
Togafstand4 000 km
KlimvermoëOnbekend
BewapeningEen 30 mm kanon en 14 hegpunte om 6000 kg se bomme en missiele te kan dra.

Sien ook

Bron