Sjapoer II

Sassanidiese koning

Sjapoer II, ook bekend as Sjapoer die Grote (Persies: شاپور دوم بزرگ), was die 10de "koning van konings" van die Sassanidiese Ryk. Hy was die ryk se langs heersende koning, van 309 tot 379, en die seun van Hormizd II.[1] Tydens sy lang bewind het die Sassanidiese Ryk sy eerste goue era beleef sedert die bewind van Sjapoer I (241–272).

Sjapoer II
Koning van konings
Goudmunte van Sjapoer II
DinastieHuis van Sasan
Bewind309379
Gebore309[1]
Gesterf379
VoorgangerAdhur Narseh
OpvolgerArdashir II
VaderHormizd II

Toe koning Hormizd II (302–309) sterf, het Persiese adellikes sy oudste seun, Adhoer Narseh, doodgemaak ná ’n kort bewind,[2] die tweede seun verblind en die derde een gevange geneem.[3] Die troon is gehou vir die ongebore kind van een van Hormizd II se vroue. Daar word beweer Sjapoer II was dalk die enigste koning in die geskiedenis wat in utero as koning gekroon is; volgens legende is die kroon op sy ma se maag geplaas terwyl sy swanger was.[1] Hy is dus as koning gebore.[1]

Verwysings