Silvio Berlusconi

Silvio Berlusconi (29 September 193612 Junie 2023) was 'n Italiaanse politikus en entrepreneur. Hy het vier keer die amp van eerste minister beklee (1994−1995, 2001−2005, 2005−2006 en 2008−2011) en het daarnaas tydens 'n oorgangsfase ook as minister van buitelandse sake, ekonomie en finansies gedien. Vanaf 1994 tot 2013 was Berlusconi 'n lid van die Italiaanse parlement. Tussen Maart en November 2013 was hy lid van die Italiaanse Senaat. Berlusconi is die naamgewer vir die neologisme Berlusconisme - 'n omstrede politieke term waarmee joernaliste na 'n sekere vorm van populisme in 'n demokratiese stelsel verwys waarin die media - en juis nie politieke partye nie - 'n beslissende rol speel.[1]

Silvio Berlusconi
Silvio Berlusconi
Silvio Berlusconi in 2010

50ste Eerste Minister van Italië
Ampstermyn
8 Mei 2008 – 16 November 2011
PresidentGiorgio Napolitano
Voorafgegaan deurRomano Prodi
Opgevolg deurMario Monti
Ampstermyn
11 Junie 2001 – 17 Mei 2006
Voorafgegaan deurGiuliano Amato
Opgevolg deurRomano Prodi
Ampstermyn
10 Mei 1994 – 17 Januarie 1995
Voorafgegaan deurCarlo Azeglio Ciampi
Opgevolg deurLamberto Dini

Persoonlike besonderhede
Gebore(1936-09-29)29 September 1936
Milaan, Italië
Sterf12 Junie 2023
Milaan, Italië
Politieke partyForza Italia (1994−2009)
Il Popolo della Libertà 2009−2013)
Forza Italia (2013−hede)
Eggenoot/-noteCarla Dell'Oglio (∞ 1965, geskei in 1985)
Veronica Lario (∞ 1990, geskei in 2010)
Francesca Pascale (lewensmaat, sedert 2013)
Kind(ers)Marina
Pier Silvio
Barbara
Eleonora
Luigi
Alma materUniversiteit van Milaan
Handtekening

Berlusconi was eienaar van die onderneming Fininvest, 'n houermaatskappy met belange in die media-, bank- en versekeringsbedryf. Met 'n fortuin, wat in 2018 op sowat VSA-$6,7 miljard beraam is, was Berlusconi onder die welvarendste Italianers gereken.

Verwysings