Silinder

’n Silinder is ’n soliede of hol buis met reguit sye en twee ronde eindpunte van dieselfde grootte, of ’n voorwerp wat so gevorm is en wat dikwels as ’n houer gebruik word.

Die silindervorm.

’n Voorbeeld van ’n silinder is die gassilinders wat gebruik word wanneer kos gekook word. Silinders word ook deur diepseeduikers gebruik om vir hulle suurstof te gee. Hierdie silinder word op hul rûe vasgegespe.

Oorsprong: Die woord ‘silinder’ kom van die Griekse woord kylindros wat ‘roller’ beteken.

Kyk ook

Bronne

  • Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers