Seram

Seram (voorheen Ceram, Seran of Serang; Indonesies: Pulau Seram) is, na Halmahera, die tweede grootste eiland van die eilandgroep Molukke, wat op sy beurt tot die Maleise argipel behoort. Seram lê in die noordooste van die eilandnasie Indonesië net suid van die ewenaar. Dit grens aan die Seramsee in die noorde en die Bandasee in die suide. Van die groot eilande in die omgewing sluit in Halmahera in die noordweste, Timor in die suidweste en Nieu-Guinee in die ooste.

Seram
Inheemse naam: Pulau Seram
Kaart van Seram
Kaart van Seram
Geografie
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate3°8′S 129°30′O / 3.133°S 129.500°O / -3.133; 129.500
ArgipelMolukke

Oppervlakte17 100 vk km
Hoogste puntBinaiya 3 027 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsie Maluku

HoofstadAmbon
Grootste stadAmbon (368 987)

Demografie
Bevolking434 113

BevolkingsgroepeManusela, Nuaulu
Seram se kus

Seram beslaan 'n oppervlakte van 17 100 km² en is die grootste eiland van Indonesië buite die vyf hoofeilande (Nieu-Guinee, Borneo, Soematra, Sulawesi en Java) en Halmahera. Dit het 'n bevolking van 434 113 in 2010 gehad. Sowat die helfte van die bevolking in Moslems en die ander helfte is Christene.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Seram.
  • (en) "Ceram". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 April 2020.