Sepang Internasionale Renbaan
Die Sepang Internasionale Renbaan is geleë langs die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe en 20 km buite die stedelike gebied van Kuala Lumpur in Maleisië.
Ligging | Sepang distrik, Selangor, Maleisië |
---|---|
Tydsone | UTC+08:00 |
Koördinate | 2°45′38″N 101°44′15″O / 2.76056°N 101.73750°O |
Kapasiteit | 80,000 |
FIA Gradering | 1 |
1e Sooispit | 1 November 1997 |
Geopen | 7 Maart 1999 |
Argitek | Hermann Tilke |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Maleisiese Grand Prix FIM MotoGP Maleisiese Motorfiets Grand Prix Prix Maleisië Merdeka uithouren |
Lengte | 5.543 km (3.445 mi) |
Draaie | 15 |
Rondterekord | 1:34.223 (Juan Pablo Montoya, Williams, 2004) |
Uitleg en fisiese uitdagings
Die baan bied 'n groot fisiese uitdaging omdat dit vele hoëspoeddele en ook skerp draaie insluit. Die gebied word ook gekenmerk deur warm en bedompige weersomstandighede wat baie onvoorspelbaar is en dus vinnig kan verander.
Geskiedenis
Die baan is deur die Duitse argitek, Hermann Tilke, ontwerp. Konstruksie het vroeg in 1998 begin en is in September 1999 voltooi, betyds vir die eerste Formule Een Maleisiese Grand Prix, wat deur Eddie Irvine in 'n Ferrari gewen is.
Die finale Formule Een-motorwedren was op 1 Oktober 2017.
Die Grand Prix Motorfietskampioenskap word elke jaar sedert 2000 hier gehou.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris