Santonium

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
PaleogeenPaleoseenDaniumjonger
KrytLaatMaastricht66,0–72,1
Campanium72,1–83,6
Santonium83,6–86,3
Coniakium86,3–89,8
Turonium89,8–93,9
Senomanium93,9–100,5
VroegAlbium100,5–~113,0
Aptium~113,0–~125,0
Barremium~125,0–~129,4
Hauterivium~129,4–~132,9
Valanginium~132,9–~139,8
Berriasium~139,8–~145,0
JuraLaatTitoniumouer
Die verdeling van die Kryt (IKS).

Die Santonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 86,3 tot 83,6 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Coniakium en gevolg deur die Campanium.

Naam en definisie

Die Santonium is in 1873 deur Henri Coquand genoem na Saintes in die Franse département Charente-Maritime.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die tweekleppige Cladoceramus undulatoplicatus, en die bokant deur die uitwissing van die seelelie Marsupites testudinarius.

Verwysings

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.