Sandpatryse
Sandpatryse (Pteroclididae) is 'n familie van voëls. Die familie omvat 16 spesies.[1]
Sandpatryse | |
---|---|
Dubbelbandsandpatrys (Pterocles bicinctus) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Orde: | |
Familie: | Pteroclididae Bonaparte, 1831 |
Genera | |
Pterocles Temminck, 1815 |
Hoewel hulle baie soos hoenders lyk, word sandpatryse in 'n aparte biologiese orde van sandpatrysagtiges (Pteroclidiformes) ingedeel. Sandpatryse lewe in die droë gebiede van Afrika en Asië. Ten spyte dat hulle goed teen droogte aangepas is, moet hulle ten minste een keer per dag drink. Volwasse voëls kan maklik na drinkplekke vlieg, maar hul kuikens kan nie. Die ouers doop hul borsvere in die water totdat dit deurdrenk is, en vlieg dan na hulle kuikens terug om hulle te laat drink.
Taksonomie
- Genus Pterocles
- Pterocles alchata
- Pterocles bicinctus - Dubbelbandsandpatrys
- Pterocles burchelli - Gevlekte sandpatrys
- Pterocles coronatus
- Pterocles decoratus
- Pterocles exustus
- Pterocles gutturalis - Geelkeelsandpatrys
- Pterocles indicus
- Pterocles lichtensteinii
- Pterocles namaqua - Kelkiewyn
- Pterocles orientalis
- Pterocles personatus
- Pterocles quadricinctus
- Pterocles senegallus
- Genus Syrrhaptes
- Syrrhaptes paradoxus
- Syrrhaptes tibetanus
Sien ook
Verwysings
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris