Saale

Die Saale, soms Sächsische Saale ("Saksiese Saale"), vroeër ook Thüringische Saale ("Thüringiese Saale") [1] of Vogtländische Saale genoem,[2] is 'n rivier in die Duitse deelstate Beiere, Thüringen en Sakse-Anhalt.

Saale
Saalevallei naby Hof in Beiere
Saalevallei naby Hof in Beiere
Saalevallei naby Hof in Beiere
OorsprongSaalebron naby Zell in die Fichtelgebirge-bergreeks, Beiere
MondingElbe naby Barby
StroomgebiedDuitsland (deelstate Beiere, Thüringen en Sakse-Anhalt)
Lengte413 km
Oorspronghoogte728nbsp;m
Mondinghoogte49,5 m
Gemiddelde afloop115 m³/s
Stroomgebiedopp.24 100 km²
Die Saale in Duitsland
Die Saale in Duitsland

Met 'n lengte van 413 km is dit die tweede langste takrivier van die Elbe ná die Moldau en met 'n gemiddelde afloop van 115 m³/s saam met die Havel ook sy waterrykste takrivier ná die Moldau. Die Saale dreineer tussen sy bron en sy monding 'n gebied met 'n oppervlakte van 24 100 km².

Sedert 3 Oktober 1990 vorm die rivier tussen km 0,0 en 124,2 'n federale waterweg wat deur die Wasser- und Schifffahrtsamt Magdeburg (Federale Water- en Skeepvaartsadministrasie in Maagdenburg) geadministreer word.

Verwysings