Roman Polanski

Roman Raymond Polański (internasionale spelling: Polanski; * 18 Augustus 1933 in Parys as Rajmund Roman Liebling) is 'n Pools-Franse rolprentregisseur, rolprentvervaardiger, draaiboekskrywer en akteur. Hy het ook Franse burgerskap.

Roman Polanski
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Roman Polanski (2011)

GeboortenaamRajmund Roman Liebling
Geboorte18 Augustus 1933
Parys
NasionaliteitPole, Frankryk
Beroep(e)rolprentregisseur, rolprentvervaardiger, draaiboekskrywer, akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy bekendste rolprente sluit die grufilm Rosemary's Baby (1968) asook The Pianist (2002) in. Die laasgenoemde rolprent, 'n drama oor die Sjoa, is met die Goue Palm van Cannes en 'n Oscar (Academy Award) vir "Beste Regie" bekroon.